Joe Public vs The Volcano

In Snotstories deur griffin19 Eiertjies

Verlede week het 'n vulkaan met die onuitspreekbare tos naam, Eyjafjallajokull, sy holprop los geskiet met 'n oordawerende knal en 'n enorme fokken poep (met residue) gelos oor Europa wat air traffic omtrent tot 'n stilstand genaai het. Ek skiem die Yslanders volcano1was almal gepiel op Nordic Ice of iets toe toe vulkaan sy top soos 'n hoërskool laergraad Wiskunde onderwyser geblaas het, want dis die enigste explanation vir so 'n fokop van 'n naam.

Ek vermoed 'n dronk fok in die hoek van die bar wou sy hare beskerm het van die as en die enigste beskerming wat hy aan hom gehad het moes 'n effie gewees het wat hy oor sy kop probeer trek het. Soos wat hy besig was om die effie oor sy kop te trek in sy fucked state het sy tjommie verby hom gestrompel en geskree "Effieshelpjoufokol!" maar in daai aangeklamde drunken stupour tipe van Corci uitspraak. Dit klink toe vir die ou met die effie (wat toe al half oor sy neus getrek was) soos "Eyjafjallajokull". Vandaar dan die naam.

Volgens nuusberigte (as mens deur Naspers se tipografie sukkel – hulle syfers het altyd vraagtekens in iewers) is daar normaalweg meer as 28000 vlugte per dag somewhere in die lug waarvan slegs 11000 operational was vir omtrent 'n week. 11000 ouens in die lug wat nie na "Katpein Span die Seile" luister nie.

Nou check bietjie hierdie basic Wiskunde:

volcano2'n Boeing 773-600 is een van die kleiner aeries en vat 132 passasiers. Ons gaan hom sommer gebruik vir die doel van hierdie kakpraat sessie. Die Boeing 737 vat 26,020 liter juice om daai pensie en vlerkies vol te maak. Dit is gelykstaande aan 620 Uno Fire 1100's se tenks (wat 'n 42 liter capacity het). As jy nou hierbo lees sal jy check dat daar 17000 vlugte ge-ground was. Per dag. Vir 'n week lank.

Dit is dus 442,340,000 (400 mil+) liter go-go juice per dag of 'n totaal van 3,096,380,000 (3 biljoen+) vir die week vir daai model aerie. In Uno Fire terme is dit 10,540,000 (meer as 10 miljoen) Uno Fires per dag of 'n totaal van 73,780,000 (meer as 70 miljoen) vir die week. As 'n aerie sy juice uitvlieg in een dag, en 'n Uno sy tenk op average uitry in 2 weke kom jy uit by 140 miljoen Uno's.

Weet jy hoe fokken poesbaie rook en kak en hare 140 mijoen Uno's in die aarde atmosfeer kan uitkak in twee weke? By the way – die Boeing 747-400 sluk 204,355 liter juice of 4865 Uno Fires as jy lus is om daai sommetjies te maak vir die res van die dag. Dis hoeveel gespaar is met die grounded vlugte.

So wat is my fokken punt met hierdie outrageous kak un-scientific vergelyking? Daar is 'n episode op South Park waar die karaktersvolcano3 maak of hulle omgee vir moederfokker natuur. Hulle is so smug oor die feit dat hulle Hybrids ry en alles  recycle. Hulle gaan even so ver dat hulle hul eie poepe in wynglase opvang en snuif. Daai smugness vorm later een poesgroot wolk, amper soos vulkaan Effieshelpjoufokol en fok amper die town op.

Dit laat my dink aan Earth Hour so rukkie terug toe ek ook my deel gedoen het. Ek was actually fokken baie aktief. Ek het sommer ant-crime hour ook gedoen. Terwyl ek geslaap het, het ek krag gespaar en sommer ook fokol crime gedoen, jy weet? Moerse. Dink volcano4nou bietjie terug toe jy daai slaai gevreet het by kerslig en jou eie poep uit 'n wynglas gesnuif het en jou "deel gedoen" het vir Earth Hour vir 'n uurtjie lank. Dink nou 'n bietjie na oor die vergelyking met die Boeings. Gaan sit en probeer uitwerk hoeveel besoedeling daar gespaar is vir 'n week lank deur een ou vulkaantjie in 'n klein plattelanadse dorpie genaamd Ysland. Dit gaan Earth Hour bietjie half soos 'n klein kaalkop manntjie met 'n bierpens in 'n safaripak  laat lyk vir, ek weet nie, maybe twintig jaar?

Voel julle hippies en smug mense nie nou bietjie soos 'n kollektiewe poes nie?

Ek sien die aeries vlieg weer van vandag af. Maak oop jou hol, mother nature:

Hiiiiiieeeer kom die vliegtuig!

volcano5

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinJoe Public vs The Volcano

Comments

  1. Johannes

    "Gaan sit en probeer uitwerk hoeveel besoedeling daar gespaar is vir 'n week lank deur een ou vulkaantjie in 'n klein plattelanadse dorpie genaamd Ysland."
    Erm, rerig? En die kakhuis vol rook, en as, en glas en whatever nog wat nou bo in ons atmosfeer hang en op Europe afreen word nie geklas as besoedeling nie? Nee fok dude, kak poging. Los maar die somme maak en sin maak vir anner mense hoor. Gaan ry maar weer trekker of whatever dit is wat jy doen daar in die bos…

  2. Author
    griffin

    Jy mis die hele fokken punt, ou. Ek gaan nie eers probeer verduidelik nie.

  3. Hannes

    Jy mis die punt jou fokken aap, glo ook nie Griff ry vir 'n fok trekker nie.
    …en verander jou naam na Jo, want die "hannes" hoort nie in jou naam nie!!

  4. poepin'nvisblik

    Verskil is, die vulkaan se rook is all natural en organic – good for you. Breath in, breath out.

  5. Michelle

    Wel whatever wie gese het, die pollution van die Vulkaan is steeds groter as enige besparing wat daar gemaak is deur de Vliegtue wat nie kon vlieg nie.
    Fact remains, niemand het dood gegaan toe hulle nie vir n week kon vlieg nie. Watvan: mense wat vir besigheid wil vlieg moet n webcam en internet kry, as jy op vakansie wil gaan, koop n bottel local wyn en gaan op google earth.
    As jy n movie onsite wil maak, kry n VFX span en laat locals vir jou classic scenery stuur.
    Pfffft… yeah right…
    Nog beter: kom ons gaan teen die natuur se reel van "survival of the fittest" hou elke siel wat nie vir homself kan sorg of 'n bydra kan maak tot die wereld nie, (maar net resources consume) artificially aan die lewe (want ons almal spring mos op en af vir human rights) met "western medicines" en verdubbel die hoeveelheid mense op die aarde oor 10 jaar.
    Daar is meer om oor te worry as mense wat nie kan vlieg nie, en vulkane wat doen, wat vulkane doen.
    Bleg. Daar fok ek nou my eie dag op.
     

  6. theNack

    Griffen se punt oor onkunde en hypocrasy staan vas. Die hele global warming ding is volgens baie mense net 'n manier om die waarde van mense aftebreek. Met die doel om goed soos gevorseerde aborsies en sterilisasie af te dwing in 3rd wald countries. As jy saamstem met die lelike mense wat dit voorstaan gaan kyk na die "georgia guidestones", dit is klippe met die 10 gebooie van die "ek skyn in jou fokken oog maar jy sien my nie" illuminati etters. Hulle wil graag 'n new world order bewerkstellig waar hulle magies ryk is en die res van ons dink ons is gelukkig maar eintlik is ons hulle slawe, dis nou nadat hulle 'n paar biljoen mense 'n dirtnap laat vat het. Of so lui die conspiracy theory in elkgeval. Iets in die lyn van die MATRIX net rerig!
     
    Punt is, moenie sommer net besoedel nie, want dit maak jou 'n doos. Maar moenie te veel worry oor global warming nie, jy as enkeling kan nie veel verskil maak nie. Die chinas in the USofA moet eers ophou om 10 TV's in elke huis en 12L V24 karre te ry, dan sal ek begin help met die greenhousegas ding.

  7. Dave Sanchez

    Daarsy Griffin.. show dem.. show dem .. show dem Grif show dem…  niks beter as cold hard facts om n ou te laat sharrap nie.  Hosh ja!!!  fokit ek maak my eie Zef hoodie die naweek!!! 

  8. Frank

    Goeie argument ou Griffin, nou al wat ek wil weet is dit: Het jy aspris Southpark sonder `n p gespel vir een of ander kak joke wat ek nie vang nie?  Of was jou kwota p's vir die dag al opgebruik? Of moet julle die naaiers royalties betaal as julle hulle naam ydelik gebruik?

  9. Ismos o

    Very, very waar, Griff. Makes jou dink. Great dat WKJ ook bietjie omgee vir Aarde en nie net vir Yolandi se ongefokkenlooflik sexy kwylenswaardige stywe styfmakende lyfie nie.

  10. Author
    griffin

    Dankie ou maat. Ek het die ‘p’ gaan insit.

  11. Marius

    Ek dink hulle moet baie versigtig wees voor hulle vlugte hervat.
    1) Die probleem is nie so seer of ‘n vliegtuig gaan val weens die as in die lug nie.Maar die vliegtuig se onderhoud skedule word uitgewerk vir normale omstandighede. Dit wil sê dat hulle weet in normale omstandighede hoe lank hou bv. ‘n filter, kom ons sê dalk so 2 jaar en daarom word dit elke 1.5 jaar vervang. Maar wat as die as en stof maak dat dit nou net ‘n jaar hou? en dit kan oor ses maande maak dat die vliegtuig val. Die selfde geld vir elke komponent van daai vliegtuig. Van die pitod tube tot enjins, daar is geen ingenieur wat met sekerheid die onderhoud skedule van die vliegtuig kan aanpas vir sulke onbekende omstandighede nie. So as daar ‘n vliegtuig oor ses maande val weens foutiewe kompressors of kleppe, dan weet niemand hoekom die goed so gou in gee nie dan sê hulle net “technical problems …”.
    2) As daar ‘n vliegtuig val vir enige rede, nie noodwendig weens die as nie. Volgens wet kan dit geargumenteer word dat dit nalatig was om in ongunstige en onbekende omstandighede te vlieg, wetlike aanspreeklikheid is ‘n groot faktor waar mense se lewens betrokke is en assuransie. Dus tensy hulle nie kan bewys dat die as nie die oorsaak of ‘n faktor in ‘n vlieg ongeluk is nie moet hulle nie so kans vat nie. Dis soos dronk bestuur, al is die ongeluk nie jou skuld nie, jy is outomaties skuldig omdat jy ‘n risiko op die pad is en nie daar hoort nie. Die selfde geld vir die aanspreeklikheid van lugrederye. Hulle is bewus van die risiko, as daar nou iets fout gaan maak nie saak wat dit is nie, dan gaan hulle dit moeilik vind om hul onskuld te bewys en dat daar nie nalatigheid in hulle kant was nie. Dit gaan nie net oor, gaan die vliegtuie val of nie, nie. Maar daar is meer wat in rekening geneem moet word, ons hoop net dat die finansiële druk hulle nie maak kanse vat nie, dis wat heel moontlik gaan gebeur wanneer hulle biljoene begin verloor. Ek sal ook hoop dat lug dienste vlieëniers se reg respekteer om vlugte te weier as hulle voel dat dit nie veilig is om te vlieg nie.
     

  12. Die ou is ma n dom p

    Here bra paar some op n sakrekenaar verander nie diat jy maar n dom kont is nie sy poes teminste bly die site befok in my oe god hierdie kak is legit

  13. frankie

    baja goed gestel griff , maar wat defok het jy teen uno's ?

  14. Liza

    Weet nie of "katpein span die seile" aspris was nie, maar as nie is jy apparently per ongeluk amazing want dis fokken akkuraat.

  15. Joe Masehare

    Tos of nie.  Grif se storie is steeds nice leesstof!  Baie meer interressant gestel as al die ander poeslike vergelykings op die web.
    Both ways bly mother nature steeds gefok!
    Vat 'n kakhuis vol Unos om soveel CO2 te maak.

Gooi Comment