griff en chopper het toe maar besluit om vir julle die derde podcast aanmekaar te slaan met snot, manbotter en seebamboes nadat die vorige probeerslag se plannetjies deur ‘n bottel Klipdrift Premium in die wiele gery is. Die derde podcast is mainly ‘n klomp kakpraat en ons stel ook ‘n nuwe band aan julle bekend. Jirre, julle gaan die band like. Top klas. Dan moet ons seker ook net credit gee vir Jeff en Pieter op Youtube vir die mooi liedjie heel aan die einde. Julle moet maar luister. Ons kan nie so geheimde uitlap nie.
Ons is so tussen draties kap, werk, suip, spuities en algemene kakgeid besig om aan podcast nommer 4 ook te werk, maar julle sal maar moet wag tot hy uitgepomp word. Ons wag onder andere vir daai sleg kak met die pet en die snor, Jack Parow om by ons pozzie uit te slaan virre branna en ‘n braai, dan sal ons die volgende podcast naai. Ons gaan juis vandag bietjie dier op vuur gooi by griff se hacienda.
Hier is vir jou so 13 odd minute om die kak tyd by die werk om te kry op hierdie Vrydag. Voor jy jou ogies uitvee, duik ons en dan is dit weer lekker naweek. Dan kan jy fles vat en bos gaan. Onthou Jack Parow se gig vanaand by Back2Basix
Geniet hom. Of haat hom:
Watkykjy Podcast #3: Podcast0003
Watkykjy staan op 3,101,750 post views in totaal sedert 1 November, 2019.