Vir julle blare wat smaak van Jack Parow se vibes is daar baie kief nuus. Julle onthou die Watkykjy GPS wat ons vir julle gemaak het? Hy loop nog lekker wild, maar nou het ons vir die Arrow van Parow ook opgehook met ons heavy dik connections en hy het sy eie GPS voice pack ook vir julle gaan record en dis kak snaaks. Die mense is baie naby aan klaar met die package en hy word binnekort uitgerol. Dan kom gooi ons vir julle ‘n voorsmakie hieso met al die next level gevaarlike moves wat Jack Parow jou tune op jou Garmin GPS. In die meantime as jy nog nie weet van die Watkykjy GPS nie, fokken sny ‘n lyn hiernatoe om so paar clips te luister.
Hierdie post is 266 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,118,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.