As jy gister na graft verby die dopshop gery het, het jy seker ‘n celebratory knertsie gaan aanskaf – ‘n bier, ‘n Ricky Le Roux, vonkelwyn of selfs ‘n fokken panty dropper as jy moes. Solank jy net gisteraand half sewe ‘n glasie geklink het, want Egoli se laaste episode was op Mnet uitgepomp. Fok ja!
Na 18 jaar op die lug is daar nou besluit om die prop te trek op Egoli, en ek skiem dis hoogtyd ook.
Brumilda van Rensburg hoef nie meer te stress oor haar plooie wat sy moet toesmeer nie. Fok sy moet deesdae daai gesiggie smeer soos die mamma in die Skippie advertensie – moerse dik layer my bra. En Hennie Smit (Bertie) hoef nie meer te faff oor Chester en puzzles bou en wat Pietie te sê het nie. Dink net hoe gatvol die ou moet wees om vir 18 jaar daai rol te speel. Nou kan hy terugkeer na sy beroep as wedding singer en dalk bietjie gewig verloor. Chester is blykbaar dood, maar ek dink daai great dane is in sy pens. En moenie vergeet van antie Nora met haar afdraande gesig nie. So moerse morbied met haar vrot vaddoek op die skouer. Dis blykbaar lekker zef daar in Brixton. Rex is een of ander Europese royality wat in sy 40’s nog in die Mansions bly en bodyguard speel. Maak fokkol sense vir my nie. Ek kan seker ‘n hele boek skryf oor Egoli, (o nee wag dis al gedoen) maar ek dink daar is al reeds genoeg van ons tyd gemors. Kortliks: Jane is die tronk, Chris Edwards is dood, almal het lang verkoue van die oor en weer genaaiery oor die jare – happy endings.
Ek weet nie lekker hoekom hulle die show stop nie. Ek skiem hulle het vet zak gemaak met Egoli Skouspel, en soos met alle tv shows melk hulle die koei moer toe, maak nie saak of die show oordadig, afgesaag en belaglik raak nie. Survivor fokken hoeveel is ons al nou by?? Het Frans Marx self gatvol geraak? Of dalk het dinge begin suurkak swaai toe dit in ‘n sepie verander het wat basies net ad space verkoop aan Dros, Proline Computers, een of ander gym in die Cresta Mall en fok weet wat nog. Anyway ek dink nie ons moet te veel vrae vra nie, net go with the flow. Probeer om amper twee dekades van marteling te verwerk. Nou kan ons almal ontspan, mamma gaan nie meer die kos verbrand nie.
Maar moenie te vrolik raak nie, daar is ‘n Egoli movie in die pyplyn …
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.