Maak jouself wys
(Deur Brendon Koen)
1. Diaz Strand
Min dinge gaan so kak af soos ‘n nuwejaars op Diaz strand. Dit eindig gewoonlik op met ‘n zaber in die hotel se swembad en ‘n chuncky skiet op jou sker se beste vriendin wat nie wou padgee voor die porselein trein nie. Nou as daai jou idee van ‘n goeie tyd is, dan sal ek nie in jou pad staan nie. Maar vir die res van ons wat fisiese en emosionele skending wil vermy, dink ek dis beter om groener weivelde te soek.
2. Hatfield Square
Die van ons wat al die voorreg gehad het om in Snor City te party, was al in “Die Square”. Voorreg mag dalk die verkeerde woord wees. Dis ‘n see van Lacoste, Pringle en Charlie Jeans. Behalwe vir die feit dat jy ten minste 8 keer gebroeknaai gaan word deur ‘n reject Blou Bul try-out, kan jy ook verwag dat ‘n blaar, wat nou net met haar reject Blou Bul try-out ou opgebreek het, op jou gaan kots na ‘n heerlike dronkverdriet sessie in die toilets van Dropzone. Nou as jy gelukkig genoeg is om dit te dodge, wat hoogs onwaarskynlik is, dan is daar nie veel meer om na uit te sien nie. Sad but true mense, hard lines.
3. Lesbians
Ek sou nooit kon raai dat ‘n sker dit op die lysie sou maak nie. Veral nie ‘n Lettie nie. Ongelukkig is die waarheid ‘n bitter koue ene. Die ander dag was ek besig om die Lettie kwessie te ondersoek. My bevindinge was egter nie wat ek verwag het nie. Onthou jy in st.7 toe eTV se skurwe movies ten minste een lesbian scene in gehad het? Elke bra het al velle geklap oor een van daai. My ondersoek het my geleer dat die realiteit nie so ver weg is van daai rose tinted en carpet stained memory is nie. Die kak is egter die feit dat hulle nie die hele “kom ons kyk” idee ondersteun nie. MSP.
4. Zebro’s
As jy lus kry vir ‘n lekker greasy chicken burger na ‘n harde aand se kuier, probeer om eerder daai lus te onderdruk. Teen die tyd wat jy jou flat se trappe maak, sal jy jouself ten minste 4 keer bekak het na ‘n Zebro burger. So moenie. Die sout in die wonde is die voedselvergiftiging na die tyd asook ek wat vir jou gaan sê jy wou mos. So moenie eers probeer nie.
5. Adult World
Verbeel jouself die dorp se Mr. Video hou ‘n paar rubber piele aan en jy het pretty much Adult World opgesom. For fuck sakes was ek teleurgesteld toe ek die moed bymekaar skraap om daar in te gaan. Vergeet van leer dominatrix outfits en kettingsaag dildo’s en dink meer aan kak DVD’s soos “He came in my ass” en ‘n paar fur handcuffs. Om eerlik te wees het ek al erger goed in die dorp se Mr. Video gesien. And if you must, daar kon maklik ‘n nr.6 op die lys wees, girls wat by Mr Video werk…
Watkykjy staan op 3,084,461 post views in totaal sedert 1 November, 2019.