Bennie se boud apparatus

In Snotstories deur griffin

(deur Piet)

Die jaar is 1991 en die 80’s is nog vars in die geheue. Meeste laerskool kinders het nie ‘n fokken clue wie Nelson Mandela is nie en bomber jackets is pis cool.

Ek was op daai stadium in Std 3 (graad 5 vir die nuwe SA.) en my broer het my pa se geld gemors by Tegnikon Pretoria. Sy een tjommie, Bennie (dis ‘n fake naam,) was blykbaar daai tyd al gatvol vir die crime want ou Bennie het sommer sy eie anti-theft device ontwerp, gebou en in sy mini geinstalleer. Hierdie anti-theft device was basies een van daai ou Rambo messe wat onder die drywer se sitplek gemount was met een of ander moerse spring wat dan die mes deur die seat steek as jy gaan sit. Bennie het dan net elke keer hierdie hol oopkloof apparaat geaktifeer as hy uitklim en dan weer gedeaktifeer voor hy weer inklim.

Die een aand gaan Bennie toe ‘n bietjie disco toe om vir almal sy piele moves op Belinda Carlisle te wys. Ek was nog effens te jonk vir jol daai jaar so ek weet nie waar dit was nie, maar dit moes erens soos Limelight of Sterland of ‘n ander tappit plek in Snor City wees. Die Brannas het mooi geloop die aand en Bennie het vir die 1ste span gesuip. Hy strompel toe in die vroeg oggend ure terug kar toe en te fokken dronk om regop te staan vergeet hy van sy rektum destroyer device onder die sitplek. Die Anus verwoestings apparaat werk toe beter as wat Bennie ooit in sy wildste drome kon droom. Die lem het ‘n pad boontoe oopgeskiet en Bennie se nul was ewe skielik ‘n minus. Na die initial skok en nugter skrik wou hy uitklim maar dit was ook nie so maklik nie want jy kan maar vir enige moffie vra en hy sal vir jou se dat jy reguit boontoe van ‘n paal afklim en nie kant toe nie.

Bennie was hospitaal toe en ‘n paar goeie snydokters later het sy kak nie meer soos ‘n fax uitgekom nie. Hy het vir ‘n paar weke mank geloop en hy kon nie lekker sit nie maar alles het toe weer genees.

So, as jy weet jy gaan gesuip in jou kar klim, moenie gaan vir die bottle brannas met gif in of die lem onder die seat of die spykers wat in jou kniee inskiet as jy die kar start opsies nie. Vat maar eerder jou kar vir daai ander mense lat hulle vir jou ‘n gearlock of iets insit.

Hierdie post is 144 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,064,198 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinBennie se boud apparatus