As jy uitmaak van rock ‘n roll en swaar kitaar en in Kaapstad is Vrydag 26 Februarie, slaan uit by Ram Jam in die Castle Hotel (Constitution Str, agter Assembly). DJs Chopper en Bra Phil gooi ‘n paar dik tunes wat gewaarborg is om jou nek aan die swaai te kry. Die tiep van jol is ideaal as jy op skool moerse into Guns ‘n Roses en Nirvana en selfs moffie metal soos Def Leppard was, of as jy as klein wetter Pa se Uriah Heep en Deep Purple plate geluister het vir versteekte boodskappe in reverse.
Behalwe vir die geraas kan jy ook tattoos wen by Hoodoo Tattoos, so jy kan nou uiteindelik daai anker met die woord ‘Mom’ op jou tril kry. Ons gaan ook ‘n Steel Panther CD of twee weggooi vir dié mense met die hoogste rock score. Dis nou hoe hot jy lyk (as chick) of hoe baie soos ‘n meisie jy lyk (vir ouens). Soms raak ons dronk en dan gee ons sommer net ‘n CD weg omdat iemand vir ‘n song vra.
Fok, jy’t niks beter om te doen nie en Top Gear wys elke fokken dag. Maak vir hom los.
Watkykjy staan op 3,084,110 post views in totaal sedert 1 November, 2019.