Raait, ek’s nie ‘n groot fan van sequels nie, want dis gewoonlik hond kak (kyk maar vir Wicus van der Merwe) maar nadat ek die comments op die eerste post gelees het, het ek besluit om nog so paar te drop. Veral “Anthony” se storie oor George Michael en ‘n “gekoek-tossery”. Ek dink nie ek het al ooit so iets belagliks gelees nie. Big ups bra! Anyway, fuck it, shot vir almal se idees. Hier’s deel II.
Jou ouma tune jou: “Jy kry nou lekker puisies né.” Jou ma voeg by: “Ja sê vir Ouma dis vrypuisies.”
Jy skiem die hele setup is tos. Jy sien jou ouma eenkeer ‘n jaar en dis die beste conversation wat sy kan maak – om jou te fokken diss oor jou peanutbotter puisies. Puberteit en puisies gaan seker hand-aan-hand, maar dit het niks met score te doen nie. Al verwantskap daar is, hoe meer zits jy gesprout het, hoe minder was jou kanse om lucky te raak. Ek glo die kids met die meeste karbonkels was dié wat eerste aan hulle verkeerde plekkies gevat het in die stort en dan gesig gewas het. Jy moet andersom operate bra. Was eers jou gesig, jou kieliebakkies, dan kan jy velle klap of “koektos”, om jouself te beloon! En as jou ma aan die deur kom donner omdat jy kak lank vat, en jy moes die hand sessie kortknip, was jou gat darem skoon as jy by die skool kom.
“Moenie in jou neus krap nie, daar’s ‘n wurm wat jou vinger gaan afbyt”
Okay hierdie enetjie maak vir my perfect sense, ek wens meer mense het hierdie kak storie gehoor as kind, want as ek by die robot stop en die oom in sy fancy Lexus langs my sit skaamteloos en snot delf, kots ek sommer in my bier. Ek weet nie mooi van die wurm wat in jou neus bly nie, maar ek’s oortuig daarvan dat as jy in jou hol krap en dan in jou neus, jy ‘n wurm in jou pens gaan kry, so ek hou dit altyd in gedagte. Ek verbeel my daar was lank terug so ad van ‘n klein dogtertjie wat staan met ‘n zamie in die een hand, en die ander hand agter in haar doek, besig om lekker in haar nought te krap. Dink dit was ‘n wurmpil ad. Dit het gemaak dat ek dieselfde voel oor klein kinders as oor ons langhaar kat se kombers – te bang om beide op te tel want jy weet nie wanneer kry jy kak op jouself nie.
Juffrou: “As jy vir iemand middelvinger wys, wys daar 3 vingers terug na jou toe.”
Ja dis waar, daar point 3 vingers terug na my toe. Maar dié wat na my toe wys is Duimpie se maat, Fienavlooi en Piepie-innie-kooi. Hulle beteken niks nie. Die een wat ek vir jou wys beteken “Fok jou”. En dan is die onnie se comeback: “Jy’s ‘n idioot, die middelvinger beteken in elkgeval niks nie.” Bullshit! Die zap of die “voëltjie gee” kom van eeue gelede af, toe mense mekaar nog faktap geskiet het met pyl en boë. Die vyand het die archers se middelvingers afgesny dat hulle nie lekker kan skiet nie. Om vir iemand die vinger te gegee het het dus beteken: “Ek het nog my sneller vinger, ek sal jou skiet dat jy lyk soos ‘n fokken speldekussing?” Jou laerskool onderwyser het dit obviously nie geweet nie, want hy het na skool gaan swot om kinders se neusies af vee en hulle te leer klei speel.
“As jy glasie-glasie speel gaan rooi spoke jou kom klap in jou slaap.”
Okay ek weet daar is baie mense wat glo hulle is met die helmet gebore wat in hierdie kak glo. (Dalk moes jy ‘n helmet gedra het toe jy in st.2 van jou fiets afgedonner het, en jou fokken kop gestamp het.) En dan’s daar “testimonials” van iemand wat iemand ken met wie dit gebeur het. Dis ‘n fokken urban legend, net soos wat ek “iemand ken wat ‘n vriendin het wat ‘n Enterprise vienna in haar ghwar afgebreek het?” Dis egter goed om jou kinders te leer om hulle nie besig te hou met kak wat hulle social outcasts gaan maak op hoërskool nie. (Pentagramme, voodoo kak en Black like Me op sy ginger hare gaan hom definitief nie the life of the party maak nie)
Watkykjy staan op 3,083,758 post views in totaal sedert 1 November, 2019.