…en dit nog fokken helder oor dag en op die kruppel mense se parking spot.
(Thanks Sats)
Dagse
Nou die dag by ‘n winkel sentrum in Krugersdorp sit daar 5 pote in hulle kar op die disabled parking. Hulle sit net. Weet nie of hulle ‘n lyn gevang het of of besig was om een van die carwatch mense te betas of dalk ‘n hotbox gemaak het nie. Dalk was hulle op n hoogs geheime stake out. Op die disabled parking. Die sentrums moet dalk meer spesifiek wees met die tipe gestremdheid waarvoor die parkering daar is. Veral vir die Pote, want hulle het nie voordeel van ‘n opvoeding of opleiding in hulle lewens gehad nie. Dalk het die konstabel gedink die Kaptein wat so bietjie stadig is kwalifiseer. ek kon ongelukkig nie die bordjie inkry nie want hulle het demoer ingeraak oor ek ‘n foto neem. Wou nie in ‘n onderonsie betrokke raak met ‘n kar vol gestremde Pote nie.
Groete,
Sats
Brandbruggies tune:
Ja nee of die kêrels nou sit en pype skoonmaak het, ‘n pyp warm gemaak het of coke van hulle badges af gesnort het, dis altyd ‘n doos move om op die disabled mense se parking te stop. Ek skiem liewer hulle het sit en argumenteer. Hulle rollies onder mekaar se snoete gedruk oor wie nou eintlik sy hang-gat uit die kar gaan lig en die Crème Soda’s sal gaan koop, vir die vet babelas. Hulle het dalk sopas terug gekom in die valleys van Bloemfontein se Polisiedag af, daai lekker polisie boer-en-hoer paartie wat Bheki Cele vir hulle gegooi het. Die manne in blou het blykbaar lekker fokken simple geraak en soos slap hoere voor die drankwinkels gedrom, party wat pis in die parking lot, ander wat net lê, klaar gelag..Dalk het oom Bheki vir hulle hiérdie getune net voor die paartie afgeskop het:
Watkykjy staan op 3,091,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.