Lyk my die pote is raak heavy besig deesdae. Nie om crime op te los nie, maar om die staat se property te abuse. Dit gaan seker nie lank wees voordat hulle die K9 trailers convert om hot dogs en candyfloss te flog nie. Dit lyk nogal na 'n lucrative beisgheid, die moving company van hulle. Die bakkie en petties word sommer deur ons plebs se beursies ge-sponsor. Nee, maar dis reg, doen so voort. Ons is fokken trots op julle.
'n Watkykertjie genaamd beesneus het vir ons die volgende briefie ingestuur:
Hi daar,
Ek het 'n paar fodies vroeg die oggend in die verkeer geneem van 'n polisie bakkie wat yskaste, fietse etc. rond trek met passasiers met siwies aan (neem aan hy is nie polisman nie maar familielid). As ek na die inhoud van die goed kyk. Lyk dit vir my na privaat eiendom. My vraag is natuurlik – Hoekom is daar nooit polisie voertuie beskikbaar nie? En hoe besig is ons polisie met polisiewerk as hulle goed kan rondtrek?
Watkykjy staan op 3,071,760 post views in totaal sedert 1 November, 2019.