Dis die tyd van die jaar wat almal lysies maak oor kak wat in die nuus was vir 2009. Almal is tot vervelens toe moeg vir celebs se piele en in watter gate dit beland het. Ons recap eerder so paar highlights vir Watkykjy vir 2009. ‘n Top 10 van gebeure hier op ons eie zef interwebs, as jy wil.
Hieso is hulle, in geen orde van particular importance nie:
Tos
griffin en chopper charlie se superkief boek, “Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?” het nommer 1 op Kalahari se rankings gestaan vroeg in Januarie. Vir amper ‘n week lank. Toe drop ons van die charts af omdat die eerste druk uitverkoop was en daar so 2 weke gap was voordat die 2de druk uitgegee is. Nonethless het dit moerse goed gedoen en daar is net so paar honderd boeke oor na die tweede druk.
Die Swietieman Interview
griffin het vir Sharlto Copley van “District 9” en nou meer onlangs “The A-Team” ge-interview. Sharlto was ‘n lekker plat-op-die aarde ou en het lekker saamgespeel. ‘n Lekker pap mengsel van zef en Hollywood. Probably ook die eerste keer wat ‘n Afrikaanse website ‘n Hollywood ster interview. Befok.
Blog Awards
Watkykjy het vir die eerste keer sedert die SA Blog Awards run, daarvoor ingeskryf en sommer gewen ook. Best African Lagnuage blog nogal. Dit was soos om ‘n prys vir geblindoekte sakresies met ‘n aartappel in ‘n lepel te wen. Nietemin het Chopper die geleentheid in die Kaap gaan bywoon, poesdronk geraak en helfte van ons pryse verloor. Hy het darem die bottel Three Ships Joburg toe laat courier. Very zef, ek sê. Miskien vat ons nog een in 2010 as ons onthou om in te skryf. Thanks vir al die Watkykertjies wat vir ons ge-vote het. Ke a leboga.
Die Antwoord
Watkykjy het opgeteam met Die Antwoord om hulle vuilbek zef rap-rave evangelie te versrpei. In die paar maande wat ons hulle songs vir julle beskikbaar gestel het was daar meer as 65000 downloads van hulle tunes gewees. Dis naby aan 200gb se songs. Dis poesbaie. Hulle het nou hulle record deal gesign met die overseas en begin in April in Europa te toer. Jy sal weer met die nuwe Watkykjy site hulle songs kan stream. Kyk uit daarvoor. Hulle trek nou in die main Watkykjy huis in vanaf 1 Januarie. Hulle rent gaan net poesduur wees.
Julius Malema
Die cool ding met Julius Malema is dat jy fokol oor die ou hoef te skryf. Jy plak net ‘n foto van sy bakkies op en quote al die kak wat hy kwytraak. Hy slaan hom fokken self. Ons wonder net wanneer die groot lorrie gaan inpul om sy furniture te pak. Hy bly nou al ‘n bietjies heeltemal te fokken lank langs die fountain of youth. Skuif bietjie op, ou maat en maak plek vir die jonger mense. Handig asseblief jou blou lig in by die prefekte kamer voor die bidklok lui. So paar van ou Julia se treffertjies is op Watkykjy te bespeur.
Die Wikus Van De Merwe site
Soos met die Vernon Koekemoer site het Kapelaan Ledigheid, meneer Doenbaar en griff ingespring en die Swietieman excitement so stappie verder gevat en ge-hype. Soos met Vernon, het dit net so paar maande gehou maar dit was steeds moerse pret.
GPS zef
K-Lo het ons gehelp en SA se eerste zef PG rated voice pack vir Garmin ge-record. Jy kan nou al swetsend na jou destination navigate met allerhande random uitlatings om die langs trips minder boring te maak.
1 Miljoen visits
Alhoewel ons laaaankal die 1 miljoen merk oorgesteek het het ons gecheck hoe vinnig dit sou vat om dit te doen. Watkykjy het in net bietjie minder as 2 jaar ge-manage om oor die 1 miljoen besoekers te kry en die readership groei vinniger as zaber in ‘n laitie se broek by die Menlyn Drive-in op ‘n Corsa se backseat. Ons kap hom nou teen so net oor die 80k per maand.
Die Fok Jou! Projek
So ‘n klein side-project wat gestig is sodat mense hulle anger kan vent wanneer iemand soos ‘n poes parkeer of bestuur. Hopelik sal mense beter begin park.
Watkykjy se extreme makeover
Ons het maar die spaarvarkie oopgebreek, vir Anja Slaptiet ‘n geldjie in die hand gestop en gevra om Watkykjy next level toe te vat, ‘n tummy tuck te gee, ‘n puisie of twee uit te druk en tiete implants te doen. ‘n Paar van die ou favourites soos grapgat en die zef slang woordeboek het hulle comeback gemaak. Ook het ons besluit om handjie by te sit vir SA se cool bands deur vir hulle gig guide te gee wat hulleself kan update. Jy kan nou op een plek kom kokkenodge wie die jol volaak waar. Ons maak ook advertising oop sodat die ouens wat lus is kan adverteer en ‘n moerse audience bereik.
Watkykjy run nou al vir 10 jaar lank. Kom ons check wat gebeur in die volgende 10 jaar. Happy new year vir al julle marabsies, en maak 2010 met die hand groot. Sela.
Watkykjy staan op 3,056,599 post views in totaal sedert 1 November, 2019.