Dis altyd lekker om ‘n girty te he, een om jou milkshake mee te deel, en jou huis toe te ry as jy poes dronk raak. Iemand wat vir jou duur kaksakke koop, jou kop kou en nou en dan pasta kook as jy fokol amped is vir stoof sloof nie. Maar somtyds moet jy dam duik, uitpull, cancel. Daar kom ‘n stage wanneer jy besef hierdie kite gaan nie meer vlieg nie, tyd om die pop op die zip te skop. Vir elke paar bene wat toegaan, maak daar tien oop, onthou dit! Daar is tell-tale signs dat dit tyd geword het om aan te beweeg:
Sy dink haar piepie is langer as joune:
“NEE, jy gaan nie bar toe nie.” NEE, jy gaan nie ‘n bike koop nie.” “NEE, ek kuier nie saam met jou gabbas se bitch meisies nie.” NEE NEE NEE!” Fok haar, jy’s oud en lelik genoeg om jou eie besluite te maak, en ons praat nie van extremes soos hoere in die garage aanhou nie, as sy onredelik raak oor jou “ME-time”, bar sessions nou en dan saam met jou gaarde, befok sy jou lelik.
Sy begin heeltemal te veel vrae drop oor jou ex.
“Is haar tieties groter as myne?” “Praat julle nog?” “Wie is sy?” Klomp kak waaraan jy nie wil dink nie, sy kondisioneer jou net, sy maak jou reg om ‘n nuwe ex meisie te kry. Sy’t groot planne, en jys nie deel daarvan nie, sy gaan JOU in jou moer in stuur..
Sy’s heeltyd besig op haar selfoon.
Tune haar net reguit: “Wie de fok sms jy die heeltyd? Hoekom krul jou tone elke keer om as daar ‘n message deurkom?” Hoekom het jy ‘n 23 digit password op jou foon? Fok jy my rond?” Moenie geflous raak deur daai Titanic line dat elke vrou se hart ‘n “Ocean of secrets” is nie, dis net ‘n ander manier om te tune sy’s ‘n skelm hoer wat like om haar broodjie aan albei kant gepenisbotter en jam te kry.
Sy/haar vriende/ familie begin jou drank gewoontes lelik scrutinize.
Nee tjek, as jy elke keer doos dronk raak, en jou naam plank aan tafel as haar hele familie daar kom kuier, dan verdien jy om gelos te word. Maar as haar pa jou ‘n bier “aanbied” en hy gooi vir jou ‘n HALWE Windhoek LIGHT in ‘n plastic glas as julle daar gaan kuier, of probeer jou ‘n Beck’s 0% alc slip, dan weet jy jy moet uitbail. Wat de fok oom? Lyk ek soos ‘n oempaloempa of hobbit met ‘n halwe lewer? Of beledig jy my opsetlik? Is jy bang ek kots as ek die hele bier drink? Ek’s nie underage nie, ek kan ‘n grootmens bier drink, of brandy, of blou trein, ek voel ‘n fok oor jou voorkeure.
Haar vriendinne reken hulle moet jou dag try opfok as jy en sy nie lekker oor die weg kom nie.
Jy en jou goose het ‘n onderonsie, en voor jy weet watskeburt, kry jy ‘n string oproepe, almal beterwetige feministe wat jou tune hoe groot poes jy is. “Jy verdien haar nie!!” “Sy’t heel aand gehuil, oor jou, en jy verdien haar nie!” Fokof, ek nou nie gevra vir jou Judge Judy of Isabel Jones input nie, bepaal jou by jou eie dinge. Lyk my ek date ‘n fokken Spice Girl, want “if I want to be her lover, I gotta get with her friends…”
Watkykjy staan op 2,931,543 post views in totaal sedert 1 November, 2019.