Hulle sê jy moet die boompie buig terwyl hy jonk is, anders word die boompie eendag ‘n gommie boomroker as hy groot is. Als goed en wel, maar as die mense verantwoordelik vir ‘n kid se opvoeding self optree asof hulle tjallie pyp slat, dan gaan daar kak begin kop uitsteek. Soos ‘n fokken bergskilpad wanneer hy zaber. Hier is ‘n paar voorbeelde van boknaai wat aan kinders vertel word en fokol sense maak nie.
(Laerskool onderwyser, as jy haar getune jy moet gaan pis:)
“Nee, jy moet leer om te knyp.”
Hoekom de fok moet mens leer om ‘n pis in te hou? Vir eendag wanneer ek groot is? Waar in jou lewe het jy gesien ‘n volwasse mens moet vir sy baas toestemming vra om toilet toe te gaan? Behalwe natuurlik as die onderwyser skiem haar hele klas gaan eendag trapeze artists word, 30 meter bo die grond onderste bo hang van ‘n tou af en Tarzan kak pull. (Want DAN kan jy seker nie pis wanneer dit jou smaak nie). Andersins is dit net ‘n meaningless fokken idee. Al wat ek hieruit geleer het is: “Ek moet leer om ‘n ekstra kaksak saam te vat mall toe.” Want jy vang ‘n slash, skud af, pause, en skiem jy’s klaar. En sodra jy in die mall se gange kom tune jou tottie jou “Hoezit, hier’s nog so bietjie.” Lekker drippy-drippy deur die lewe …
Pa aan sy moedelose vetgat laaitie wat met ‘n moerse stuk vleis in sy bord sit by die Spur:
“Eet jou kos op, daar’s kinders in Ethiopië wat nie kos het nie.”
Ja okay fair enough, daar IS kinders in Ethiopië wat nie chow het nie, daar is orals in die wêreld kinders wat nie chow het nie. Daar is ook moer baie kinders en hulle ouers wie se cholesterol nie so fokken sky high soos jou potjierol kind sin is nie. Dis amper asof hierdie ouers spiteful try wees, “Ek’s emosionele wrak oor my gewig, so nou gaan ek my kinders ook so opfok met kos.” Dis nie mooi nie, dis ‘n vorm van kindermishandeling. Jy weet mos jou 11-jarige boetman kan nie ‘n hele donnerse vark opeet nie, so moet dit dan nie vir hom bestel en dan op ‘n moerse guilt trip sit met “Pappa betaal duur” as daai laaste 5 ribbetjies in sy bord begin om hom angsbevange te maak nie.
“Karate, Korn, Pokémon, Oil of Olay en gays” (fokken alles) is Duiwels..”
Toe ek ‘n gr. 1 laaitie was het my juffrou ons heavy kak getune oor Karate, hoe dik evil die jin yang sign is en allerhande ander onkundige bullshit stellings. Funny enough hoor ek nou nog krimpies wat inbel op die radio en die fokken trein derail met quotes uit Openbarings, “als is die werk van die duiwel.” Dan is daar altyd ‘n nuwe Huisgenoot of Carte Blanche storie van diè of dáái company wat satanisme sponsor met hulle profits en what not. Ek worry nie of McDonald’s 10% wins aan die happy clappies of die katslagterskult gee nie, seriously, ek’s nie so involved nie, ek’s eintlik 15 minute oor my lunch break, so gee my net ‘n fokken hammie en FRIES asseblief. ( Moet nooit tune jy soek chips nie, apparently het nie een van die mense wat by McD’s werk ‘n fokken clue wat chips is nie, en hulle sal jou altyd reghelp ook.)
Jy vra jou ma wat is vir aandete en sy tune jou:
“Husse met lang ore.”
Nee, ek het nie gevra wat jou troetelnaam vir piele is nie, ek’t gevra wat ons gaan eet, ‘n ordentlike vraag wat nie ‘n kak antwoord verdien nie. Ek onthou nog ek was vet in die kak omdat ‘n girl in die laerskool vir my gesê het: “Is jy honger, gaan vra vir Piet Brommer” toe gooi ek vir haar die “Is jy dors, kom suig my wors” – enetjie. Dik awkward om daai line te repeat as die girl langs jou staan en huil en die juffrou tune jou, “Herhaal wat jy gesê het!”
Fok ek dink ek het ook gehuil…
Watkykjy staan op 3,083,865 post views in totaal sedert 1 November, 2019.