(deur Jx)
Car guard: Hey boss ek check jou kar uit, niemand kom naby hom nie.
Ek: Dis ok broer,die kar het alarm.
Car guard: Hey boss die alarm gaan nie afgaan as ek teen jou kar pis nie.
Ek: Nee come on man, dis mos nou fucked up, los my fokken kar uit (ek loop so 5m verder en hoor toe)
Car guard: Jou ma se poes!
Ek: Wat?????
Car guard: Ek sê: JOU MA SE POES! (die man beduie nou eers na my en dan na die posisie waar die vagina sou wees indien hy n
vrou was)
Ek: Wat van dit?
Car guard: Wat bedoel jy wat van dit?
Ek: As ek se “jou pa se rug”, dan is die sentence incomplete. Jou sentence is incomplete. So wat bedoel jy? Wat
van my ma se poes?
Car guard: (kyk my aan)
Car guard: Moenie fokken stupid wees nie, jy weet wat ek bedoel.
Ek: Wel dit beteken fokol vir my nie, want jou ma het ook een, anders was jy een van die man-se-kinders soos op
die TV laas jaar.
Car guard: Wie is jy om my heritage en my sêgoed so te question? Die kak word al jare deur ons gebruik. My pa se pa het
die kak vir hom geleer.
Ek: Wel, dis donners onnosel en maak nie sin nie.
Car guard: (kyk my aan)
Car guard: So… wat van julle whitey sêgoed?
Ek: (check hom nou uit)
Car guard: Ja-Nee. Ja, nou moet jy jou bek hou. Ja-Nee.
Ek: (check hom nou uit)
Ek: Kom broer, stick jou vir ‘n bier.
Car guard: Castle, niks van die Amstel kak wat julle drink nie.
Ek: Net wat jy wil brother, net wat jy wil…
Watkykjy staan op 3,089,798 post views in totaal sedert 1 November, 2019.