Soos enige iemand met ouer broers of susters sal weet, die beste ding van die jongste wees, is dat jy blootgestel word aan idees en stuff way voor jou tyd. Ek bedoel, dis nie toevallig dat ek in Standard 2 die Thundercats logo op alles wat ek kon kry probeer teken het nie. Bear stickers was voor en agter op my kas deure geplak, want Bear was fokken main. Nie dat ek eintlik geweet het wat ek doen nie, solank daai stickers orals op was. Jissie, daai rainbow nation coloured Bear darem.
Anyways, die beste van alles is broers en susters het vriende en in my geval het die vriende nie net petrol aangedrewe radio beheer tjorre gehad nie, maar ook Atari. Ata-fokken-ri!
Die begin
In 1968 onthul Magnavox die eerste prototipe space odyssey, die Magnavox Odyssey. Hierie was amptelik die eerste TV video speletjie konsole. Daar was however verskeie probleme met die Odyssey. Daar was byvoorbeeld geen klank nie, so almal kon hoor as jy Rrrrttt van excitement terwyl jy links leun en die wit armpie oppie TV gaan regs. Nietemin, punte vir die idee manne, punte.
Die arkade revolusie het eintlik begin in 1972 deur 'n gabba genaamd Nolan Bushnell. Hy was bekend as die godfather van die video arkade industrie. Nadat Bushnell op 'n Magnavox Odyssey die ingewikkelde Ping-Pong by 'n computer elektronika show in Kalifornië gespeel het, het hy geweet dat hy daarop kon verbeter. Alhoewel die Atari arkade weergawe van Ping-Pong, genaamd Pong (lekker fokken oorspronklik) baie beter was, het dit gesukkel in die mark as gevolg van verskeie variasies, imitations en kompetisie. Variasies? Hoe varieer jy Ping-Pong vra ek vir jou met trane in my navy blue eyes?
Hectic.
Bushnell het Atari in 1976 aan Warner Communications verkoop vir 'n belaglike $28 miljoen. Hy was nog steeds 'n major playa-heyta in die Atari korporasie, en betrokke by alle belangrike besluite. Dis hierie tydperk wat deur geleerdes beskou word as die beste tyd vir Atari. Onder Warner se leiding het hulle die Atari2600 TV konsole vrygestel wat miljoene verkoop het. Dis hoeka hierie konsole wat sekere jong Suid-Afrikaners slapelose nagte gegee het. Die Atari2600 was een van die eerste cartridge-gebaseerde TV video speletjies. Die major probleem met konsoles soos die Maganvox was dat indien jy 'n ander speletjie wou speel, moes jy 'n graad in Elektroniese Ingeneurswese gehad het of jy moes weet hoe om 'n soldeerbout blindelings te wax. Lekker blaaint.
Die middel
Die "breakthrough" van die 2600 het gebeur in 1977 in die vorm van Jay Miner. Hierie bra was 'n chip designer (nee nie daai ou van Chips nie), wat dit reggekry het om die hele broodbord op 'n chip te pas. Tot en met hierie tyd was die konsole bekend as die Atari VCS (Video Computer System). Die naam "Atari2600" was eers in 1982 gebruik toe die main gabba met groot hare besluit het dis tegnologies meer aanvaarbaar. In 1978 het Atari 800 000 van die Atatri VCS gebou en net 500 000 daarvan verkoop. Major fokken probleem vir die Atari korporasie en dis nie lank nie of hulle is al kruipende na pappa Warner toe om vir nog zak te vra. Na 'n hele paar tjonkies het Warner uiteindlik die Atari korporasie uitgehelp met zak maar nie sonder casualties nie. Bra Nolan Bushnell was baie ontevrede in die manier wat hierie tjonkies aangevra was. Hy fokof toe voor jy kan sê space invaders en res is soos hulle sê history.
In '79 het Atari nie net 'n miljoen konsoles verkoop nie, maar ook die smash arkade speletjie "Space Invaders" gelicense van Taito. Met die vrystelling van Space Invaders het verkope verdubbel. Ek is seker Nolan Bushnell se ego was so ongelukkig soos Michael Jackson se gesig na hierdie syfers vrygestel is. Dinge het bietjie (net soos Michael) snuff gedraai hier laat in die jaar van '79. Atari het nie mooi gemaak met hulle games programmeerders nie. Die bra wat die alombekende Space Invaders vir Atari geprogrammeer het, Rick Mauer, het absoluut fokkol krediet vir sy werk gekry. In fact, hulle het hom 'n skaamtelose $11 000 betaal en hom op sy pad gestuur nadat die Space Invaders cartridge oor 'n 100 miljoen kopieë verkoop het. Hierie belaglike treatment het die programmeerders aangespoor om vir hulleself krediet te gee. Hulle sou hul eie en medewerkers se name op obskure plekke in die game skuil net hom hulle 15 sekondes te kry. Die tegniek staan tot vandag toe nog bekend as "Easter eggs".
Die einde
As Atari gedink het hulle ergste dae was verby in die 70's en dat hulle beter gaan vaar in die 80's, was hulle horribaal verkeerd. As gevolg van die uitbuiting wat plaas gevind het op die games programmeerders, het daar buitestaanders begin opduik wat games geprogrammeer het vir die Atari 2600. Die grootste van hierie buitestaanders was 'n company genaamd Activision. Activision het diamante soos Pitfall en Kaboom! vrygestel. Atari het alles in hulle vermoëns gedoen om dit te keer in die hof, maar alles was vir niks.
Asof dit nie genoeg was nie, het Atari se image 'n groot regter gekry van 'n company met die naam Mystique. Jy sien Mystique het 'n pornografiese game vrygestel, Custer's Revenge, spesifiek vir die Atari2600.
Die idee agter die speletjie was dat jy, 'n naakte man, verby verskeie (nie baie moeilike) obstacles moet kom, sodat jy kan seks hê met 'n groot borstelike Native-American vrou wat vasgebind is aan 'n paar kaktus plante. Alhoewel die idee so af soos brood was, verstaan ek nie regtig hoekom daar so groot boehaai was nie. Hoe erg kon sy gelyk het? Die grafieka van daai tyd was blokke soos groot soos kilogram Dairybell cheddar. Een beskrywing was die vrou het gelyk soos 'n hotdog gebou met Lego blokkies. Arme Mystique het deurgeloop. Hofsake, restraining orders – die works wat op die ou eind hulle einde beteken het. Oorlewendes het vasgebyt en die spin-off company Playground begin.
Die Atari korporasie het aangehou om lisensies op te koop van buite programmeerders, en games soos Ms. Pac-Man en ET vrygestel in 1982. Daar word gesê dat die development van sulke kak titels soos die van Ms Pac-Man en ET die aansporing was vir die "Video game crash" van '83. Pappa Warner het gesien dinge is bietjie af met sy gabba en begin toe rond kyk vir moontlike oplossings om ontslae te raak van die Atari korporasie.
Die crash word beskou as 'n kombinasie van bad video game produksies en die aggresiewe bemarking van goedkoop huisrekenaars, soos die Tandy Color Computer, Atari800XL en die Commodore 64. Commodore International het blykbaar so ver gegaan om afslag aan te bied as jy jou video speletjie konsole ingee wanneer jy 'n Commodore 64 aanskaf. Hectic.
Hier volg al die video game companies wat bankrot verklaar is in '83:
- Mattel
- Magnavox
- Coleco
- Cinematronics
- Coleco Adam
- Timex-Sinclair
Almal was major playa-heytas in die video game industrie. Dit was fokken amper of Atari was ook op daai lys. Warner Communications het Atari aan die bra verkoop wat Commodore International begin het, Jack Tramiel.
In 1985 het die video market weer terug op sy voete gekom na 'n bad Tequila-spliff aand uit. Die support was in die vorm van 'n little country called Japan. As dit nie vir Japan was nie sou dit nog langer gevat het vir die video mark om op sy voete te kom. In hierie tyd het Japan met 'n ysterhand regeer deur middel van die konsole, Nintendo. Met Atari wat 'n moerse geveg met Sega aan die gang gehad het vir die nommer twee spot in die wêreld, was dit plain sailing vir Nintendo.
Dit het beteken dat Nintendo lekker arms gevou agter oor kon sit, sodat twee Italianers genaamd Mario en Luigi al die werk kan doen. Mario en Luigi het sulke belaglike rooi en groen outfits aan gehad en altyd so in die lug op gespring om skilpaaie bewusteloos te render. Die Japanese darem.
Atari het nooit regtig herstel van die crash nie en het nader aan die 90's stadig maar seker van die toneel af verdwyn.
Alhoewel Atari produksie nog aangegaan het tot in die vroeë negentigs, was dit eintlik net hardcore enthusiasts wat aangehou het om dit te koop. Sega, Nintendo en spin-off Nintendo's het gesorg vir eindelose vermaak wat dinge net te moeilik gemaak het vir Atari om te survive.
Daar is een ding waaroor ons almal kan seker wees en dis dat Atari 'n groot rol gespeel het in nie net games ontwikkeling nie, maar ook fokken main hand-oog koördinasie.
Respect.
Hier volg van die grootste games wat beskikbaar was op die Atari 2600:
- 1977 – Combat (Atari)
- 1978 – Breakout (Atari)
- 1982 – Donkey Kong (Coleco)
- 1982 – ET (Atari)
- 1982 – Ms Pac-Man (Atari)
- 1982 – Pitfall (Activision)
- 1982 – RealSports tennis (Atari)
- 1983 – Pole Position (Atari)
Watkykjy staan op 3,065,753 post views in totaal sedert 1 November, 2019.