Die kiefness van Colesberg se Wimpy

In Snotstories deur griffin

Raait, so julle het seker gelees van die Wimpy in Parys se waitress wat vir ‘n klomp hung over obnoxious mense water in een of ander bleach bucket of iets voorgesit het omdat Wimpy nie jugs doen nie? Die mense het obviously al hulle chieng spandeer op te veel drank en leeuloop die vorige aand en kon nie groen ambulansies (cream soda, jou dom kak) bekostig nie. Beeld, die Afrikaanse koerant (wat veral online daarvoor bekend is vir hulle tipografiese inablity  (R?3,&000nbsp))  het duidelik nie genoeg stories gehad nie en ‘n berig daroor geskryf, so jy kan dit gaan Google as jy wil.

Ek sal byvoorbeeld nie daaroor bitch nie, maar veel eerder die feit dat Wimpy fokken nooit botter bring vir mens se toast nie – mens moet altyd daarvoor vra. Ek wil egter oor iets kleiner in my broek kak en ek weet nie regtig waar om te begin nie. Is dit miskien die “mind the step” sign teen die booth? Nee, want boetie se hare is nie in ‘n step gesny nie. Is dit miskien die feit dat troeteldiere toegelaat word om over-easy eiers en chips op die tafel te vreet?

Well… ja maybe. Maar ek sou dit nie soveel ge-mind het as ‘n papegaai met sy eie kredietkaart vir sy ete betaal het nie. Ek sou dit blameer het op die feit dat Colesberg poes ver van Joburg af is en dat ek drome droom en gesigte sien en maybe ‘n Red Bull moet shotgun of anal drop om mooi wakker te skrik.

Ongelukkig vir my en my goose was die tannie met die drie kenne, haar ma, pa en laitie (sonder die step) en die African Grey wat sy eier en chips gevoer het so real soos wat Julius Malema nog airtime kry. Ek wil nou nie onnodig kak stir nie, Wimpy, maar as ek volgende keer julle (awesome) all-day breakfast eet gaan ek ‘n gat agter in my broek sny met ‘n Swiss Army Knife en my ketefbessies met ‘n vurk voer vir my troetel sirkus apie met die onderbaadjie en die fez.

Laat weet my om godsnaam net seblief betyds wanneer julle health regulations dalk verander. Ek het net genoeg zak vir julle specials, nie vir boetes nie of birdflu vaccinations nie. Of verander julle motto na “Ons kak waar jy eet”. Laat weet ons net.

KA-KAAA!

colesberg

Hierdie post is 201 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,838,047 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDie kiefness van Colesberg se Wimpy