Smaak my ons kan nie van die drank en dronk topic afbly hierdie week nie. Iewers is daar ‘n groot skroef los. Ons het so bietjie Die Antwoord se Fok Sondag! party uitcheck hierie afgelope Sondag. By Tings ‘n Times. Daai rasta jol in Snor City. Ek het die hele gig afgeneem en sal een of ander tyd deur die footage check of dit die moeite werd is om die ander videos ook op te laai. As mens so na hierie een kyk is dit evident dat ekself ook nie ‘n paar Jagermeisters agter was nie. Heavy fokken dodge. Die club was voller as George Michael se boude in ‘n public toilet. Dis ook effens vir kak soek om ‘n Sondagaand te gaan gatskuur as jy voor jou heilige siel weet dat jy die volgende dag soos ‘n weeskind sonder brood by die werk gaan voel. Where’s the love?
Ek is net fokken bly ek het Carte Blanche gemis anders het ek langer as gewoonlik gehuil vandag.
Watkykjy staan op 3,089,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.