Goeiemore maats,
Ons doen gewoonlik nie hierdie tiep van kak nie, maar het geskiem om dit in elk geval te doen. Ons gaan julle help om julleself te help.
Hierdie Vrydag sluit die skole, so daar gaan weer heavy krappe op die highway wees, veral Margate se kant toe, want zefgatte smaak heavy van daai wêreld. Hulle ken mos niks anders nie. Dis heavy tos as mens moet toustaan by die Engen vir ‘n bruispens of ‘n bruinbeer.
Om die verkeer regoor SA te verlig wil ons die zef eweredig oor SA versprei. Ons het dit dus goed gedink om ‘n Excel Spreadsheet hieso te gooi vir vakansie oorde regoor SA. Check dit uit, dis nogal kief. O ja, en moenie ‘n dom naai wees nie. Daar is tabs onder aan die sheet vir die verskillende provinsies.
Vakansie Oorde in Suid-Afrika (as jy sukkel om hierdie oop te maak, trek asseblief jou computer se plug uit by die muur en loop slaap, want dan is jy kakdom)
(ons vat geen verantwoordelikheid vir kak of foutiewe inligting nie. Hierie is net vir ons gestuur. Come to think of it, ons vat basies in general nooit verantwoordelikheid vir fokol nie.)
Lekker zef vakansie fotos:
Watkykjy staan op 3,084,461 post views in totaal sedert 1 November, 2019.