‘n Kaal koen vir krismis
Hos my blare, ons pluk so bietjie Martha Steward vandag. Krismis is oppad en dis weer tyd vir kak persente kry, saam met ongewenste familie uithang, (vir die gooses and party laities) half oopmond soene kry by besnorde ooms in kerkklere en dies meer. As jy een van daai ongelukkige werfetters is wat nooit ‘n zef krismis kan dodge nie, het ons vir jou so effens van ‘n comic relief.
Meeste mense maak gewoonlik ‘n kalkoen of ‘n hoender gaar vir kerfees en ek neem aan dat die kalkoen meeste van die tyd drie grade Suid van ‘n gigantiese fokop is. Nie meer nie. Volg hierdie baie maklike instruksies op jou kalkoen op te zef:
1. Baste jou kalkoen met jou favourite sous. Dis tien teen een Spur sous.
2. Sny vormpies in tin foil uit soos byvoorbeeld ‘n bikini top en bottom en sit dit oor die kalkoen
3. Gebruik jou gewone resep, of dit nou werk en of dit nou uitfok. Dit maak nie saak nie. Grill jou kalkoen. Jy sal check dan jou kalkoen ‘n mooi bikini tan kry
4. Sit die kalkoen in ‘n lekker oopketel posisie op ‘n bord, of as jy meer avontuurlustig is, ‘n mini handoek. Maak sommer ook ‘n sambreeltjie op en set die scene dat dit soos ‘n beach lyk. Lekker Boksburg by the sea, ek sê.
5. Print ‘n geliefde se gesig uit en steek dit met tandestokkies vas aan die bokant van die kalkoen.
6. Jy het nou ‘n kaal koen. Dit lyk freaky.
7. Jy gaan of jou familie uitfreak (veral die ouer mense) of jy gaan hulle nuwe familieheld wees en jou nefie kroon as die nuwe swartskaap.
Even as die outjie nie lekker proe nie, kan jy hom op die tafel sit as deel van die window dressing. Dan kan hy check hoe julle die slaai, die brood en die geblikte mielies tand.
Onthou, om dit suksesvol te verklaar raai ons aan dat jy die scene baie noukeurig opstel, soos byvoorbeeld die beach tema. Wees verbeeldingryk met jou temas. Jy kan ook gaan vir S&M, maar dan gaan jy meer as een kaal koen moet maak en die goed is nie cheap nie.
As voorbeeld het ons die tema van gender issues en politiek gekies. Wees aktueel. Kies tema’s uit die local nuus uit. Ons het byvoorbeeld hierso een gemaak met Julius Malema. ‘n Hermaphrodite kaal koen.
Is dit nie pragtig nie:
Fok, ek sien nou eers – ons het vergeet om ‘n vienna onder in te druk vir flavour. Jy kan ook bacon, ‘n bier of ‘n ui gebruik. Sepedi woordeboeke werk nie, jou stupid. Sepedi woordeboeke het fokol flavouring.
Watkykjy staan op 3,084,030 post views in totaal sedert 1 November, 2019.