Rait, so ek sal gou ‘n klein geheimpie met jou deel (dis nou vir die ander ouens daarbuite wat websites of blogs run of webmasters is vir companies).
Jy kan zak maak deur Watkykjy se zeftige GPS voice packs te versmous. Hierie is een van daai use it/ don’t use it tipe vibes, so maak daarmee wat jy wil.
Die ouens wat ons record het so paar weke terug – GPS Creative – het ‘n lekker marketing plan aanmekaar geslaan waarmee bloggers so paar sente kan maak. Vir elke Watkykjy GPS voice pack wat jy byvoorbeeld verkoop, stop hulle jou ‘n vyftien randjie in die hande.
Al wat jy hoef te doen is om hieso op te sign. Jy hoef nie net die Watkykjy GPS voice packs te smous nie – hulle het Mientjie, Nataniel, Nenna van Egoli, Riaan Cruywagen en sommer ‘n hele klomp ander ook. As jy slim is sal jy die een kies wat die beste verkoop. Jy weet watter een dit is.
Sign op, kies ‘n banner vir die product wat jy like, stick dit op daai onoorspronklike kak blog van jou wat gaan oor kaktus plante, puppies, die nuus of jou trotse Afrikaanse uitkyk oor die lewe wat jy eenkeer elke 5 maande update en hoop maar die sente rol in. Hou jou eerste R15 uit om vir ‘n griff ‘n Windhoek Lager te koop om dankie te tune as jy hom raakloop. Onthou, keep it real.
Hieso is ‘n voorbeeld van een van die banners:
As jy vinnig en skerp genoeg is kan jy al reeds so paar sente maak hierie week nog. Ons het klaar al die harde groundwork gedoen en die storie is nog lekker vars in almal se geheue, so jy kan terugsit en effens begin zak maak as jy ‘n halwe brein het. Moet net nie dink jy gaan ‘n nuwe Peugot 206 kan koop nie.
Dit was even gister in Rapport gewees:
Let wel dat jou site ten minste gelees moet word deur meer as net jou twee siblings en jou oupa, anders gaan jy short kom. Ons het so paar weke terug van die blogs wat ons self so nou en dan lees hiervan vertel om hulle so bietjie van ‘n headstart te gee, maar party van die ouens was fokken vas aan die wakker, so nou deel ek dit maar met die res van julle ook. Hoe tune die Nigerians nou weer in Spuitieland? O ja… No food for lazy man.
Nou ja toe, maak maar met die info wat jy wil.
Watkykjy staan op 3,090,604 post views in totaal sedert 1 November, 2019.