Hierie is ‘n eerste vir Suid-Afrika. ‘n GPS voice navigation stem met ‘n ouderdomsbeperking. Hoe befok is dit, huh? Lekker fokken zef Afrikaanse GPS voice navigation vir jou Gaaaaarmin. Jy hoef nou nie meer na ‘n faktap Amerikaanse bitch met ‘n blikstem te luister om by jou pozzie uit te kom nie. Die Watkykjy Garmin voice tune jou sommer straight. Die ander cool ding is dat daar elke nou en dan so random phrase uitpop uit die bloute uit, veral as mens ‘n lang pad ry, net om dinge bietjie minder boring te maak.
Hieso is so voorsmakie van wat jy op jou Garmin kan verwag. Let wel, die clips hieso is ge-bleep, maar met die real deal kry jy full-on matroos vibes:
O ja, julle expat outjies kan dit in die overseas ook gebruik, hoor. Ons tune julle in myle ook en van al die ferry bote en shit. En heavy poef traffic.
In die meantime, lees solank die company se press release hieronder. Of gaan kry dit sommer nou hieso
‘n Plaaslike onderneming genaamd GPS Creative het met ‘n vars konsep vorendag gekom om plaaslike glanspersone en vermaaklike stemme op te neem wat op ‘n Garmin GPS gelaai kan word. Dit beteken dat Garmin-gebruikers kan kies na wie hulle wil luister wanneer hulle instruksies ontvang om hulle bestemming te bereik. Suid-Afrika se mees geliefde persoonlikhede sal sorg dat jou reis vol pret is met hulle unieke sêgoed en karakters.
GPS Creative het in Maart 2009 aanlyn begin handel dryf en met net een stem, dié van Dowwe Dolla (Margit Rodenbeck-Meyer) begin. Sedertdien het daar al meer as 10 bekende stemme bygekom om van te kies: Minki van der Westhuizen, Nataniël, Casper de Vries, Kurt Darren, Os du Randt, Riaan Cruywagen, Pieter Koen, Brümilda van Rensburg, Michael Naicker (Kevin Perkins) en Shaleen Surtie-Richards is van die sterre wie se stemme reeds beskikbaar is, met nog ‘n paar wat voor die einde van die jaar opgeneem sal word.
Die koopproses is baie gerieflik, aangesien jy na die stem kan luister en dan besluit watter een jy wil aankoop.Die stemme kos tussen R49,95 tot R149,95 om af te laai, afhangende van die produk wat jy kies. Die meerderheid van die stemme het ook oulike frases wat sal opduik gedurende ‘n stil deel van jou roete. Op die langpad behoort dit omtrent elke vyf minute met jou te gesels.
Die behoefte om meer stemme in Engels, Xhosa, Zoeloe en Sotho op te neem het reeds begin toeneem en GPS Creative het onderneem om in 2010 die keuses uit te brei na verskillende tale, met gepaste persoonlikhede vir elke taal.
GPS Creative se inslag is altyd prettig en kreatief. Onlangs het die onderneming met die baie gewilde www.watkykjy.co.za kragte saamgespan om ‘n unieke stem op te neem. Die stem is gedoen deur K-Lo van WatKykJy en die aanwysings is in ‘zef’-taal gedoen. ‘Zef’ word as ‘slang’ beskou vir swak smaak en ‘kitsch’. Dit is egter baie humoristies en is ook die eerste stem wat met ‘n ouderdomsbeperking uitgebring word weens die gebruik van gekruide taal. ‘n Mens moet mooi kies wie jy in jou motor toelaat terwyl jy op K-Lo staatmaak om vir jou die pad aan te wys.
Watkykjy staan op 3,056,058 post views in totaal sedert 1 November, 2019.