Hey, Vodacom

In Kak companies deur griffin

Hier is die deal, Vodacom:

Ek het op geen stadium gevra vir julle irriterende News MMS’e nie. Ek sign nooit vir sulke kak op nie. Julle het dit sommer net na my toe begin stuur uit die bloute in die hoop dat ek na die 75 sekonde clip sal click op die interweb link wat op pop en sodoende van julle duur interweb connectivity gebruik maak sodat julle ‘n piel kan indruk waar hy nie hoort nie.

Niemand van Vodacom het my gebel of ge-mail nie en niemand van Vodacom het my gevra of ek die stront wil hê nie. Julle stuur dit net uit in die hoop om meer skille te maak.

Ek het nou ‘n free SMS met die woord STOP na 30699 gestuur. As ek daarna nog promotional MMSe kry sal ek weer in my rok kak.

Los my asseblief uit, ek weet hoe om ‘n fokken selfoon te gebruik. Al van 1994 af.

Hierdie post is 114 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,735,081 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinHey, Vodacom