Dis (on?)gelukkig weer sulke tyd. Jeremy Mansfield raak skaamteloos huilerig op M-net oor mense wat nog nooit limo gery het of Madiba ontmoet nie. Advanced familielede wat anyway skiem julle is poes kommen, kruip gat vir site in julle strandhuis. Over-worked ouers try hulle kinders se skoenveters vastrap in die mall se esculators omdat hulle na “Jingle Bells Rock” moet luister. Almal by jou graft begin slapgat raak.
Enter the Krismis..
Nou van fokken waar Gehasie? Haille Selassie? Fok ek weet min van die kerel nes die een wat krismis invent het, die vibe wat my zak so poes heavy knak elke jaar. Krismis bonus kon net sowel Krismis boner gewees het. Fokken Martino vibes – “now you see it, now it’s gone.” Goed en wel tjom, so hoe speel mens die Ace of Spades? Laat ek jou riglyne gee om nie jou geld op kak te mors as jy prezzies koop nie.
Tummy-tuck panties
Okay jy’s dalk een van daai fokken wing nuts, tos gedoen op skool, spanner geswaai vir ‘n paar jaar daarna, toe eindig jy op met ‘n vettie boemboem goose met selfbeeld issues. Verimark bied ‘n oplossing, maar ‘n tos ene, een wat net mislei: sy lyk soos ‘n sexy Coke bottel met haar tummy tuck panty, maar jirre as daai kak drop, lyk sy soos ‘n swanger golden retriever. Moet nie koop nie. Verimark se unwritten pitch: “ Goedkoop koop is kak koop.”
“NET VIRRIE GRAP” –Thys die Bosveldklong se DVD set
Woorde kom heavy short as mens moet comment oor ‘n man met sulke tos grappe. Genugtig, die laaste keer wat ek iemand ‘n lag so sien uitdruk het was toe ek ‘n span Corkis opgepas het (toevallig ook op krismis). Wat Thys nie besef nie is dat as jy rooi is, is enige hare wat nie op jou kop groei nie, skaamhare. En dis basies fokken offensive. Hy kan actually sy kak grappe stuit. En hy kan ‘n adult version van “Pin The Donkey” begin. Maar in plaas van ‘n stert het jy ‘n piel, en in plaas van ‘n donkiehol, het jy sy kennebakkies. Pin die penis bo die gemmer toggos na 5 mampoere.
Fake parfuum by straatsmouse
Awe so jy wil poes baie shine vang by jou pop, nou koop jy ‘n knock-off LaKots by een of ander straatmoer met ‘n oogklap affie Kaap. Package lyk legit. Jy en jou squeeze daag op by ‘n New Years paartie. Sy ruik lekker tot so na twaalf, dan morph daai kak, en sy ruik nogsteeds sterk, maar minder charming, meer soos ‘n fokken piskrip peppermint. Haar vriendinne kokkenotch jou kak rof uit. “Armgat!”
‘n PC/PC Software vir mense oor 50
Ek reken nie die gesegte: “Leer ‘n bra visvang en voer hom vir ‘n leeftyd” maak provision vir Leer iemand iets vang, en dan bel hy jou elke fokken dag omdat hy die aas in sy gat geprop het, die hoek deur sy neus, en die visstok in die water gedonner het nie. Dis wat gebeur as jy vir mamma Vista aanskaf…
(deur Christo Brandbruggies)
Watkykjy staan op 3,091,377 post views in totaal sedert 1 November, 2019.