In die laat eighties, vroeë nineties was ek as laaitie heeltemal befok oor flieke soos Rambo, Commando en Terminator. (En so was meeste ander laaities en ‘n paar girls wat dungarees gedra het.) Maar daar was iets waaroor ons almal nog sterker gevoel het. Iets waarsonder ons net nie kon oorleef nie…
Die survival knife.
Ek dink ek het die mes die eerste maal in Rambo gecheck en dit was love at first sight. Kom standaard met ‘n moerse lem wat glad onder is en sulke lekker wille tanne aan die bokant. Want jy sien, nadat jy jou opponent gesteek het wil jy maximum damage doen as jy jou trusty mes uitruk en laggend toekyk hoe sy derms oor jou skoene loop. Of so iets.
(Actually dink ek nou die bokant was bedoel om jong boompies af te saag as jy vir jou ‘n skuiling bou in die grammadoelas net voor jy moet waai vir lanternbekruip of nagmars. Oh well…)
Behalwe vir die kief lem was die handle soos die kruik wat nooit leeggeraak het nie. Maar ‘n kruik vol survival stuff. En dit het actually leeggeraak want op mens se missions het jy gewoonlik van die goeters verloor en dan moes jy jou buddy s’n steel. Maar jy kry die idee. Missions het gefokkenrule.
Om die handle oop te kry moes jy die top afskroef. Oeps, ek bedoel die kompas afskroef want die bokant het ‘n kompas gehad wat nie regtig noord gewys het nie (meer soos vorentoe). As jy hom gestamp het het die plastic gebreek en die liquid uitgeloop, wat in effek beteken het jy was rigtingloos vir die res van die mission. Baie gevaarlik. Dodelik selfs.
Maar OK, met die kompas afgeskroef kom jy by die survival goeters uit. Vishoeke, lyn en lood, vuurhoutjies, so draadsaag-effek en naalde. Maw jy kan visvang, dit braai, ‘n skuiling bou en jou klere regmaak. Of dalk eerder jou maatjie se oog uitgaff, die veld afbrand, die bome in die tuin opfok en vir jouself steke probeer aanwerk. Ure se pret. Dae selfs.
Natuurlik kom hierdie tipe van kwaliteit item nie sommer in ‘n plastic sakkie nie. No ways china. Jou state-of-the-art survival knife kom in sy eie leer-substitute holster met gaatjies sodat jy dit met ‘n riempie aan jou bobeen kan vasmaak. (Die riempie word natuurlik later gebruik om die bloedtoevoer af te sny as jy ‘n gapende wond opgedoen het in ‘n firefight met terries.) Vooraan die holster kry jy nog ‘n bederfie – ‘n skuursteentjie waarmee jy jou mes kan skerpmaak.
Dan kom die mes nog in verskillende kleure ook. Swart, combat green of camouflage. Swart was my favourite, mainly omdat Rambo of iemand ook ‘n swarte gehad het. Plus swart is gevaarlik. En cool. Mens kon toe al sien dat ek eendag na die Dark Side (of dan metal) sou draai.
Ek was verteer met die honger om ‘n swart survival knife te hê, kon ek onthou. Fok, ALMAL het een gehad en terwyl hulle die goed in bome ingepeg het en op missions gegaan het was ek die lame-ass spoorsnyer of ou met die gun. Fokken stupid gun.
Jy sien, geld was skaars tuis en survival knives was nie hoog op die prioriteitslys nie – des te meer omdat dit gevaarlik is en ek nie altyd jou top tipe verantwoordelike kind is nie. Maar aanhoudende pressure veroorsaak toe weldra die deurbraak.
Ons was by die Vaalskou, wat pretty much een van die sadste byeenkomste in die heelal is. Met so drie brandsiek koeie, ‘n paar geroeste rides en novelties soos daai spring wat by die trappe afloop en kepse met waaiertjies in, was daar nie veel om na uit te sien nie. Tot ek die stalletjie met die survival knives gewaar…
Lang storie kort en ek’s huis toe met ‘n splinternuwe camouflage survival knife. Met my geluk het die skou bliksems nie swart gehad nie. Fokken tipies. Maar ek’s gelukkig en slaap die aand sommer met die outjie onder my kopkussing en droom heelaand sulke Platoon scenes.
Die volgende week of drie was fantasties. Saam met my laerskoolpelle het ek op missions gegaan en enemies doodgemaak en oorleef buitekant vir tot vier ure op ‘n slag. Fantasties. Ons het ook op ‘n plot gebly wat beteken daar was baie scope vir kakmaak en mes rondswaai.
My hardhorende plotvriend, Seuna, het byvoorbeeld heeltyd probeer om kiewiete te gaff soos hulle op jou afpeil as jy te naby aan hulle neste kom. Hy kon nooit een raakslice nie, maar ek het wel daarin geslaag om een grond toe te klap – maar met my hand. Nie dat ek so tough was nie, dit was uit pure vrees dat ek my hande bo my kop gewaai het en die rigtingbefokte voël se aim uit was.
Steeds was die messe vet pret. Predictably het meeste van die survival goed weggeraak binne die eerste week of so. Ek het nuwe respek vir Rambo gekry en dat hy so goed na sy stuff kon kyk onder sulke demanding omstandighede.
Toe breek my kompas se glasie en al die liquid loop uit. Fok. So week daarna was die lem so los dat die mes gerattle het as jy hom beweeg het (baie sleg vir stealth). Die ding was ook so stomp soos daai kak tafelmesse wat ou mense altyd vir jou voorsit al eet jy tjops of ‘n steak. Ons het die messe nogal baie gepeg, maar regtig – watse kak was dit?
Die steentjie was ook nogal useless. Jy kon probeer om jou survival knife met hom skerp te maak, maar daai outjie was actually beter om jou voete in die bad af te skuur na ‘n harde dag in die veld. Gelukkig het een van ons buddies se pa ‘n electric sander of iets gehad waar ons die goed skerpgemaak het (heel moontlik die gevaarlikste deel van ons mission).
Teen hierdie tyd was ek al bietjie disillusioned met die kak mes. Die paint het ook al begin afgaan en die bokant se skroefdraad was bietjie gefok, so die gebreekte kompas het heeltyd afgeval. Die lem was teen die stadium so los dat jy hom nie meer akkuraat kon peg nie.
En wat is ‘n soldaat met ‘n onakkurate mes? Dis soos iemand wat gaan eksamen skryf sonder ‘n fokken pen. Net so.
Ek kan nie presies onthou hoe en wanneer die mes presies geretire is uit active service nie. Soos meeste speelgoed het die ding maar begin rondlê namate mens agterkom dis ‘n cheap Asian knock-off en nie so cool as wat die movies of advertensies dit maak nie.
Plus daar was ninjasterre, drank, meisies en baie gevaarliker goed wat net om die draai vir ons gewag het – daar waar puberteit begin.
Selah.
Watkykjy staan op 3,084,117 post views in totaal sedert 1 November, 2019.