Ek het julle mos so ruk terug getune oor Guitar Hero World Tour en hoe kief dit is om die game te jol.
Wel, ek het so paar tips vir julle opgespoor in die meantime. Tips oor hoe om Microsoft punte te koop sodat jy add-ons vir jou games kan looi, videos kan download en whatever mens nog alles kan doen met Xbox Live se punte.
As jy klaar al hierdie kak weet, kap net ignore, maar ek is seker daar is teen minste een dom poes soos ek daarbuite wat ek gaan help. Nobody likes a fucking smart-ass.
Aan die begin van die jaar het die weerlig my Kruisdoos in sy se network port genaai tot daar so mooi swart kring was en ek het juis geworry nie omdat ek nie tyd het om online games te speel teen puisiegevrete in Peru, Amerika of Irak nie. Wat ek wel vergeet het is dat jy add-ons vir jou games kan koop of updates kan gooi om bugs in games te tune of extra ander free kak te kry, maar nog steeds was ek minner gehinner, totdat my goose se broer vir my een van daai wireless jobbies gescore het wat na my wireless router connect. Ek het toe maar geskiem ek sal try punte score by die goose vir ‘n bederfie of ‘n kopkou. Sien, ek het vir haar verlede jaar Lips gekoop – die Xbox version van Playstation se Singstar (wat sy ook het) en dis nogal ‘n wenner wanneer ons gespat raak en al haar tjommies soos vals katte skree. Of wanneer ek en die gabbas na te veel Jagermeister soos Jurie Els en Robbie Klay vir mekaar begin sing. Lekker fokken latent homo vibes daai. Fokken sies man!
Anyway, die bederfie deel kom in waar ons nou songs kan gaan kies om te download. Dieselfde geld ook vir Guitar Hero en what not.
Jy connect na Xbox Live toe, tune jou kredietkaart details en Xbox Live tune jou om te fokof. Mainly omdat jy nie in Amerika bly nie en omdat die enigste poskode wat almal ken dié is van Beverly Hills. Lekker 90210. ‘n Fokken gemors. Dis soos om jou kredietkaart deur ‘n stripper se gwarra te trek by die Midrand Methodist (oom Lolly se kerk) om te betaal vir daai pielskuur wat sy jou gegee het op Poker Face. Dit gaan nie werk nie. Jy gaan eerder ‘n PK kry as ‘n slippie om te teken.
OK, maak jou brein skoon. Ons beweeg weg van die tiete af. Ons is nou weer terug by die Kruisdoos punte. Ek ontdek toe Evo Games. Dis ‘n local site wat namens jou oorsese Xbox of PS3 punte vouchers koop en dis amper instant soos Frisco. Jy registreer, kry ‘n confirmation mail, koop punte en ontvang jou voucher code alles in omtrent 30 minute. R429 koop vir jou 4000 Microsoft punte (USA punte, né). Die average tune op Lips of Klitaar Hero kos jou 160 punte. Dit gee vir jou 25 tunes. Tunes wat jyself gekies het. Nie ‘n disk met fokken R&B tos tussenin vir R650 nie, lekker stuff.
Dit bring my by die volgende punt: songs se groottes kan tot en met 220mb groot wees. Maar met bandwitdh in Suid-Afrika wat die goedkoopste in die wêreld is….
… uhmmm, askies, my broek was effens los toe kry my hol so paar woorde in van onder af …
Bandwidth in Suid Afrika is kakduur omdat Telkom so fokken awesome company is wie se belange veral lê in bonusse van die top apies op die boonste takke. Almal weet apies maak heavy kak. Veral die apies wat bo sit en op die onderste ouens kak Lekker slappes. Gelukkig met die nuwe seacom Cable begin dinge al beter te lyk ek het op Digichilli afgekom:
Digichilli tune 500 skille per maand en jy word nie ge-cap nie. Jy kan Jenna Jameson se hele lewensverhaal in HD download, my bra. Ek het maar gaan regsiter en wag vir hulle om na my toe terug te kom. So ek wag en kyk maar. Soos my oupa altyd gesê het: “As iets te goed klink om waar te wees, gaan fokken dadelik daarvoor, al is dit die eerste offer”.
Nice een, oupa. Kyk hoe lyk daai Uno Fire nou.
So maybe is die bandwidth issue ook nie meer vir lank so ‘n moerse issue nie. Vasbyt, min dae.
So paar pointers om gedagte te hou (my ondervinding in elk geval):
- Jou Xbox sal nie jou hele connection vreet as jy goed download nie. Jou skommies, oopmondholmuf videos en e-mail sal nog steeds rank pull op download spoed terwyl Xbox rustig in die agtergrond sal sit en zol rook tot alles sharp is.
- As jy punte koop by Evogames, maak seker jy koop punte vir die region waar jou Xbox gerigistreer is, m.a.w USA of UK. Ek dink hulle roep hom die ‘Locale’. Net so, sê Pietie. Die Locale.
- Ek het genoem dat songs gemiddeld so 160 credits of punte kos. Daar is ook options waar packs van 3 items byvoorbeeld 440 punte kos. So vir elke 3 packs wat jy koop score jy ‘n indiduele item. (Hierdie is bietjie hoërgraad, ek weet, maar fokken Google die goed as jy nie verstaan nie. Hierdie is net my rundown)
- As jy enige ander tips het in terme van uncapped ADSL of weet van ander plekke waar mens Xbox punte kan score, gooi dit hier onder in die commens om met die ander Watkykertjies te deel. Moet nou net nie kom staan en tune van R5000 per maand gee vir jou 1.21 jiggwats as jy ‘n flux capacitor het nie. Ek praat van billike pryse. Nie almal maak so baie geld soos jy met jou cocaine wat jy in rugbykouse in jou hol smokkel nie.
- Onthou ook om so nou en dan bietjie te braai en te naai ook. Daai oranje ding daarbuite in die lug wat so poeswarm is noem mens die son. Daai goed met die twee hobbels voorop en die oester tussen daai mikstokke is ‘n chick. Mens kan nie jou hele lewe lank net games speel nie. Kyk wat het met Julius gebeur. Te veel games. Sy brein is fokken toast.
UPDATE: Ek het ook op Screamer afgekom wat uncapped ADSL swing vir R399 per maand. Ek het deur die hele sign-up proses gegaan online tot hulle sommer my bank details wou vat vir ‘n debiet order. Ek het maar eers besluit om hulle te bel by 0860-SCREAM om ‘n paar vrae te vra. Ek moes ‘n message los sodat hulle my kon terugbel wat nog nie gebeur het nie.
Hmmm… dit laat my dink aan ‘n baba Telkom. Wakker skrik ouens, die Filistyne is op julle. Ons is honger vir cheap ADSL en as julle nie fone of e-mails antwoord nie gaan julle uit lose.
Watkykjy staan op 3,084,021 post views in totaal sedert 1 November, 2019.