Dis vir my nogal funny hoe sommige marabse na hulle karre verwys as Porche eaters, BMW eaters of GTi naaiers. Seriously, dan ry hy ‘n 1982 Nissan 1400 bakkie met ‘n 1991 Audi Quattro 4.2 liter warmgemaakte engine met ‘n freeflow kazos of fuck knows wat jy nog kan vas sweis in ‘n a-frame op die ding se bonnet met jou krismis bonus en oupa se pensioen wat jy so mooi vir hom “op pas”.
Nietemin het ek hierdie “advertensie” van ‘n Opel OPC nogal geniet wat iemand vir my gestuur het. Click op die blou lyntjie in die vorige sin om na dit te luister as jy toevallig vir die eerste keer op die interwebs is en kom soek het vir ‘n Ford XR-3 se manual en per ongeluk hier uitgekom het. As alle advertensies maar net so reguit kon wees. Ek sal maar intussen settle vir ‘n sticker op my bumper wat tune “My kar oopmondholmuf enige iets”.
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.