Guitar Hero World Tour is nou al vir net oor ‘n jaar lank beskikbaar. Ek het dit vir die eerste keer gekokkenodge by ‘n tjommie se verjaarsdag party toe een van die blare daar uitslaan met ‘n groot doos en ‘n wireless drumkit daaruit uitpluk. Soos wat Martino in die 80s gemaak het met hasies uit hoede by jou pa se graft se krismis party. Met ‘n dubbel branna in die klou en ‘n skyf skeef in die bek het ek getune: “Ek fokken koop vir myself more ook so fokken drumkit!” (sekerlik iets wat mens kan byvoeg by stuff wat gebeur as jy ge-fokken-swaai raak).
Omdat die game redelik nuut was en die bra moerse trots was oor sy duur kit het hy my getune: “Good luck, dis baie skaars en daar sal ‘n waglys wees. En dit is baie duur!” Tipiese fokken laerskool speelgronde vibes. Ek het die volgende dag (‘n Sondag) toe ek 15:00 die middag opstaan met ‘n poesgroot hangover 3km gery na die naaste Look & Listen. Ek het ingestap, die Guitar Hero World Tour box opgetel, die dude agter die counter uitgekak oor ‘n klein skeurtjie op die hoek van die box, ‘n free t-shirt ge-score en R100 discount gekry. Hangover mode en stink met rooi oë werk befok. Alles is in 5 minute gedoen. Terug by die huis en R3100 armer het ek in die bed geklim en die game eers twee weke later begin speel. (At least het die prys nou afgekom met so R500 na R2700 toe.)
As jy gewoond is aan die ander Guitar Hero games en dit like, sal jy van World Tour se drumkit ook hou. Dis die enigste intrument wat actually naby die ware Jakob regop kom. Die twee colour-coded drumpads, twee symbals en bass-pedal sal dalk met jou kop fok aanvanklik, maar as jy kan drums speel of ‘n beat kan hou sal jy vind dat jy gou die beats sal bliksem op die hoër difficulty levels – nie omdat jy ‘n smug poes is nie, maar omdat die experience op die hoëre levels meer real is. Hulle sit elke liewe beat in. Dit beteken nie dat beginners nie kan leer nie. Jy kan jou laitie in fact oordentlik leer drums speel op hierdie kit met al die colour-coded pads en what not. Soos wat jy opgaan in difficulty, kom daar meer beats by. Jy kan op jou eie sit en oefen ook op enige song, waar niemand jou kan sien nie. Amper soos draties kap.
Die nuwe wireless guitar lyk ook beter as die vorige versions. Met beter bedoel ek dis ‘n mooier kleur en shape. O ja, en daar is ekstra sensors aan die bokant van die nek van die guitar vir die ouens wat wil lead licks ingooi. Good luck met daai enetjie. Ek het dit nog nooit probeer nie. Ongelukkig is die microphone wat jy saam met die hele kit kry nie wireless nie en Lips se wireless mics werk nie op Guitar Hero nie wat nogal ‘n poes ding is van Xbox om te doen. Julle moet fokken lekker soos Wii raak, hoor! Jou twee tjommies op die wireless kitaars kan aapkak gaan en rondhardloop terwyl hulle jol – jy kan even buite check hoe ver jou tjom met die braai is terwyl jy System Of A Down gooi. Die ou met die mic moet ongelukkig soos Heinz Winkler op een plek staan.
Die game het altesaam 86 songs en almal is master recordings wat befok is. Hier is so paar van die tunes:
“About a Girl” – Nirvana
“Are You Gonna Go My Way” – Lenny Kravitz
“B.Y.O.B.” – System of a Down
“Beat It” – Michael Jackson
“Everlong” – Foo Fighters
“Freak on a Leash” – Korn
“Hotel California” – Eagles
“Livin’ on a Prayer” – Bon Jovi
“No Sleep Till Brooklyn” – Beastie Boys featuring Kerry King
Jy kan met Xbox Live nog songs koop as die weerlig nie jou network port uitgepoes het nie (wat in my geval gebeur het). Daar is ‘n kakhuis vol van die blerrie goed online, maar die 86 songs sal jou vir fokken lank besig hou.
Ander features van die game sluit in: ‘n recording studio waar jy jou eie tunes kan mix, daar is ‘n career mode wat jy met enige instrument kan deurwerk, jy kan battle of the bands gooi en jou eie band kan even teen ander bands op Xbox Live speel. Ek het nog nie die Live ding probeer nie as gevolg van bogenoemde insident, maar skiem net hoe befok dit sal wees as jou band, “Die Poesneuse” jol teen “Four guys from Sweden” en hulle gatte skop? Dan kan julle by al jou tjommies spog met jou groot interweb piel as julle na die tyd bier drink by jou local drinkgat. Sommer so met Kiss make-up aan en alles.
Jy sal ook natuurlik die laities kry wat tune: “Guitar Hero is fokken gay, die instrumente is nie die real thing nie en dis vir wannabe rockstars wat nooit regte instruments sal kan speel nie”. Uuhm… we fucking know this. Dis ‘n game. Net soos wat racing games jou nie Michael Schumacher maak nie en skiet games jou nie in die Wit Wolf verander nie. Die dag as Albert Frost my bel en tune Guitar Hero is ‘n stuk kak, sal ek dit wegpoes. Worry eerder oor die regte probleme soos hoekom Dozi of Nicholas Louw nog musiek maak.
Soos met enige ander social game (soos Singstar of Lips) gaan Guitar Hero World Tour baie goed af saam met Jagermeister, bier en brannas. En baie daarvan. As jou een tjommie regtig so spasties is en nie een van die goed kan bemeester na ‘n uur nie, jaag hom uit laat hy die fokken vleis braai. Of slaai maak. Of die hondekak op die grasperk optel.
Die game is beskikbaar vir Xbox, PS2 (yup), PS3, desktop PC’s en even vir die ouens wat dom genoeg was op Wii te koop.
Hier is ‘n clip van die Southpark episode wat verlede week in die States gewys het. Check hoe fokken lekker kan Guitar Hero World Tour wees:
PS: Hierso is die tos Poker Face Pap en vleis video wat ek gemaak het.
Watkykjy staan op 3,071,852 post views in totaal sedert 1 November, 2019.