Bra Sergio, my Porra connection het vir my hierie skokkende, stomende pot kak ingestuur. Wie val vir hierdie shit, seriously outjies? Die palm reader self kan nie eers behoorlik spel nie, maar hy bied oplossings aan vir leerprobleme. Sy “kantoor” is in ‘n kak deel van Snor City, tog bied hy ‘n oplossing vir finansiële gwein aan. Hoekom wil hy mense naai vir geld as hy self weet hoe om die lotto te wen? Hy gee raad oor hoe om vyande te verslaan maar terwyl hy besig met een van sy sessions loop Julius Malema rond en praat slapkak. The mind boggels. Actually, the mind buckles. No comprende! No intiende! Ek fokken maak nie uit nie!
Kom ons kyk na so paar van die ou se solutions:
* To be liked at work.
Kyk ou pellie, as jy vir hierdie rede ‘n palm reader moet sien, is dit geen wonder almal by die werk verpes jou nie. My opinie – bly by die huis. Claim UIF. Don’t breed.
* Bekommernisse oor hofsake.
Jy: “Hi, ek is bekommerd oor hofsake in die toekoms.”
Dokter Geldsteler: “Hieso. Rook hierie kak. Moenie worry nie.”
* Gemeenskak met ‘n volle.
What the effing fuck? Gemeenskak? Met ‘n volle? Jirre. Is dit nou soos om like met ‘n vol maag op iemand se bors te kak en ‘n horing te kry. Ek wil nie verder hieroor praat nie en jy mag nie verder hieroor dink nie. NEE! Hou op! Nou!
* ongelukkigheid.
Jy: “Ek is fokken ongelukkig”
Dokter Geldsteler: “Het jy 200 skille op jou?”
Jy: “Ja” (oorhandig dit)
Dokter Geldsteler: “Hieso. Rook hierie kak.” (sit Don’t Worry Be Happy aan)
* Verwagtingsprobleme.
Moenie verwagtingsprobleme hê nie. Stel laer doelwitte vir jouself. As dit klaar te laag is, rook jy tien teen een al klaar lank genoeg bergbiesies.
* Spoke en emone in wonings.
OK, weet spoke bestaan nie, maar ek is nou baie bekommerd oor die emone. Daai ouens rape jou deur die ore in jou slaap en sit jou brein op tap deur jou boude. Dan vlieg hulle so met oranje hangliders rond en drop jou by verlate sportsgronde sodat jy moet huistoe loop en jy het nie geld aan jou of eers jou huis se sleutels of jou selfoon nie. So hoor ek maar, jy weet.
* Rook en drink probleme, om te presteer op skool en dobbelary.
Ek vat hierdie drie sommer saam, want soos jyself weet, lei ‘n kombinasie van enige van die drie tot swak prestasie op skool. As jy op skool is en reeds suffer van hierdie kak kan jy jou naaste… actually, fok dit. Bel die ou op die flyer. Vat sy raad. Jy verdien dit.
* Gehoerery.
Dit kan moontlik die volgende outjie op die lys naamlik seerkeel tot gevolg hê. Moontlik ook lei tot gonorrhea en sifils, maar ek is nie seker nie. Mens weet nooit regtig met seksuele oordraagbare siektes nie. Dis so tegnies en gekompliseerd. Ek meen, effies? Hoe werk die blerrie goed? Net slim mense maak uit van. Aan die ander kant, as jou probleem ‘n gehoerery van kataklismiese aard is wat 24/7 voor jou voordeur plaasvind en jou verhoed om werk toe te gaan, bel die polisie. They sort of know what to do. Even as hulle self ‘n kopkou score by die hoere is dit half the battle won. Ten minste sal die pote die hoere van jou stoep af lok.
* Lyf en liggaamspyne.
Prys sy naam! Gelukkig het jy ‘n lyf EN ‘n liggaam. As jou lyf seer is, trek hom uit en trek jou liggaam aan. Laat jou lyf rus vir 8 ure lank. En vice versa. Week gereeld in melk.
Watkykjy staan op 3,091,010 post views in totaal sedert 1 November, 2019.