Back in the day het ek geskiem dat ek nogal ‘n mean BMXer en skateboarder was. As jy verder as 2 lamppale kon wheelie op jou Scorpion was jy die fokken shit my bra. Local veldjies was explore en kinders het BMX gangs gestig en hulle eie tracks uitgelê en tot laat ge-jol. Daar is oor fokken alles ge-ramp – tot boemies wat uitgepass was van te veel Bloutrein en brood voor die laerskool.
Toe steek skateboarding sy kop uit. Laities se groottes van hulle piele is gemeet aan die skateboard brands en hardware soos Powel Peralta en H-Street of Santa Cruz decks, ZZ 206 bearings, Trucker en Independent trucks, Slime Balls wiele en whatever knee-pads die laities met ryk of corrupt ouers kon bekostig. Timber City het dik zak gemaak omdat elke tweede puisiegevreet ‘n half-pipe of ‘n quarter-pipe in die jaart gebou het. Leë swembaddens is opgefok. CNA het kak sales gehad met magazines soos Thrasher en Zig-Zag omdat dit hoofsaaklik overpriced was en gevolglik ge-shoplift is (in Vereeniging en Boksburg veral). Daar was downhill kompetisies gehou by die Wimpy in Margate, laities het ge-brag oor hoeveel bakstene hulle kom ollie of afgeshow met ‘n 50/50 op ‘n randsteen en almal wou Annabelle van daai Zapmag TV progam vleispyp gee.
Skateboarding was die shit. “Skateboarding is not a crime” het dit in Tippex laat lees op skooltasse (langs die peace signs, pentagramme, AC/DC inscriptions en Gotcha stickers). En elke ou en sy skateboard tjommies was poescool. Hulle was die shit. Meisies wou hulle kort piele ry.
Toe kom ek op die documentary “Via The Backroads” af. Maats, hierdie ouens se abilities op beide BMX en skateboards het my effe laat cringe, want dit laat die res van ons soos Eugene Terblanche lyk nadat hy van sy perd afgeslet het. Of soos Juluis Malema die dag toe hy die koerant oopgemaak het en sy matriek results gecheck het. Heavy skaam, ouens. Piel word kleiner. Trane dam op.
So as ek van nou af met my vriende wil reminisce oor die goeie carefree skooldae sal ek eerder my gesprek begin met: “Onthou julle toe ons Huisgenote afgelewer het met ons pienk Strawberry meisiesfietse en gewonder het hoe dit voel om skateboard of BMX te ry?”
Want die fok weet, ons kon niks van hierdie tricks afpull nie:
Die tune op die video word gedoen deur: New Holland – This(is)Home
Ek het Albert Retief dadelik gekontak om bietjie meer uit te vind oor hulle documentary en kan die volgende met julle deel:
Via the Backroads – Dis ‘n roadtrip wat ons einde laas jaar gedoen het deur Suid Afrika, Swaziland en Mosambiek. 2 Bakkies, 10 ouens (4 BMXers, 5 Skateboarders en 1 filmer).
Die konsep was om die agter paaie te vat op soek vir nuwe ‘spots’, om ons land te verken en so veel as moontlik te Skate en BMX. In Des 2007 het ons ‘n soortgelyke trip gedoen van Kaapstad tot in Durban. Dit was die fondasie vir Via the Backroads van Desember 2008.
Daars baie stories wat ek kan vertel van die trip en plekke waar ons was, maar ek gan dit eers oorstaan. Die idee was om Via the Backroads op TV te kry. Ons het ‘n Slot by Super Sport gekry (en het dit nog steeds) en moes toe ‘n sponsor vind. Daar was partye wat belang gestel het, maar op dit het ongelukkig nie gerealiseer nie.
Ons het al die footage en moet nou die projek anders aanpak. Ek het gesoek vir relevante sponsors om die basiese produksie kostes te dek om dit te maak. RVCA en Sport Unlimited betaal om hul naam met die projek te koppel, maar die projek behoort steeds aan my en Adriaan Louw.
Die Documentary sal die hele avontuur dek. Dis meer as net BMX en Skating, dis die hele mission wat ons gedoen het en die boodskap van avontuur en dat daar plekke daar buite is.
Ons het nog nie begin edit nie. Al die footage is ge-capture en ek reel tans met local Bands om hul musiek te gebruik vir non-commercial use. Ons wil alles local hou. Via the Backroads sal Free wees. Ons wil dit dan gebruik as ‘n pitch vir ‘n sponsor om die Super Sport produksie te cover.
Teen einde November wil ons ‘n groot premiere party hou waar ons al die BMXers en Skaters sovel as ander belangstellendes wil lok.
Ons het nog nie ‘n location of datum nie vir die premiere nie.
Daarsy. Hier is nou ‘n lekker heads-up vir julle companies wat involved wil raak en ‘n moerse cool production will sponsor. November is net om die draai, ouens. Julle beter spring.
Ek en my tjommies vat ons meisie Strawberry fiets na hulle premiere toe, like om te ollie en shit. Skateboarding is not a crime.
Watkykjy staan op 3,123,942 post views in totaal sedert 1 November, 2019.