Jack Parow Is ‘n gevaarlike afrikaanse romantiese superster rapper uit die rowwe gange van N1 City.
Luister solank na hierie track oppie interwebmasjien:
Jack Parow – Jy dink jy’s cooler as ekke
Hier is die man nou:
Gewoonlik dra die bra ‘n spiekeries snor onner sy (boonste) snawel, maar ek skiem hy’t hom in sy sak gedruk hierie dag op aandrang van die bokkies met die freshly fucked hairstyles aan sy broekspype.
Sy album launch 20 November. Ons sal laat hy nader aan die tyd ‘n bierkrat en ‘n branna nader trek laat ons bietjie praat oor al die dinge. Mooi en lelik.
Hierdie post is 259 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,056,643 post views in totaal sedert 1 November, 2019.