Pap en Wors

In Snotstories deur griffin

Seriously mense, die pap en wors ding. Nee. Dis die hele interweb vol – al vir ‘n baie lang ruk. Dis op elke tweede websait. Moenie meer instuur nie, want ek gaan deur my broek kak, nie in hom nie.

Dis nie soseer die foto self wat my pla nie. Dis OK, mens kap net ignore maar my liebe jirretjie – dat mense kak in die e-mail kwytraak soos: “OK, regtig, nou het ek al alles gesien!” (dikwels gevolg deur ‘n LOL).

Seriously? Het jy nou al alles gesien? Is dit hoe sad mense kan wees? Was die pap en wors ding like die hoogtepunt van humor ooit sover in jou lewe? Fokkit, ou. Dan het jy serious probleme. Wat gaan gebeur as jy by Pick ‘n Pay inloop en ewe skielik die komwors-effie sien as jy dit nog nie op die internet ge-kokkenodge het nie? Jy gaan hardop skree: “Haai nee jirre, nou het ek al ALLES gesien!!” Dan gan jy hardop begin lag en snork as jy probeer asem skep deur die hees gelaggery. Met elke rukbeweging van jou maag en trane in jou ogies gaan die pis so bietjies-bietjies by jou blaas uitskiet en teen jou been afloop terwyl jy op die grond rondol en stuipe kry en eventually aan ‘n hartaanval beswyk.

Genadiglik sal jy doodgaan met ‘n glimlag op jou bakkies, want gelukkig vir jou het jy darem nou al alles gesien wat jy wou.

Moet net nie met een van hierdie goed in jou smoel vrek nie, want dan gaan iemand anders ‘n foto neem en vir die hele internet stuur: “Fok, nou het ek al alles gesien! LOL.”

Hierdie post is 408 keer in totaal gelees en 2 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,737,694 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinPap en Wors