Dagsê my blare. Ek sien mense soek heavy van Jack Parow se tunes (so tussendeur poes, rugbrekers en Die Antwoord, natuurlik), toe foun ek gou die man en organise vir julle bietjie shit hieso. Sy CD kom eers in November uit, maar julle kan solank julle kloue kry op Jack Parow se Bring ‘n Braai Bootleg EP. Maar julle sal moet wikkel want ek het klaar 10 gevat vir cheap-ass zef krismis box. O ja, jy kry ‘n ou stickertjie vir jou frigde ook. Fraai.
Vir die outjies innie Skelmtos omgewing – julle kan die CD gaan optel vir 30 skille by die Rockroom. Ek neem aan julle weet waar dit is.
Virrie marabsies in die res van die land kan jy vir Jack Parow ‘n mail skiet by bringenbraai[at]gmail[dot]com en hy pos vir jou sy EP. Dit sal omtrent 50 skille wees met posgeld ingesluit, maar sort dit self uit met die man.
Daar is 4 tracks op die Bring ‘n Braai EP en ek het drie van hulle vir julle ge-sample virre voorsmakie:
1. So tight-ass Engelse bokkie wat almal in Afrikaans vertel oor die CD
2. Onder draai die duiwel joints
3. Brackenfell Boy’s Choir
4. Koeler as ekke
Gaan skud Jack Parow se piel hieso op Facebook as jy sy tjommie wil wees.
PS: Vir die vier van julle Watkykertjies wat in Windhoek bly – Jack Parow en Van Coke Kartel kom aan die einde van die maand daaso geraas maak in julle dorpie.
UPDATE:
Seth van 2Oceansvibe het hierie outjie opgespoor:
Taxijam presents Jack Parow from Taxijam on Vimeo.
Watkykjy staan op 3,110,208 post views in totaal sedert 1 November, 2019.