Ek hoop julle is nogal almal fris en gesond, veral as julle steeds al griff se befokte boererate slaafs navolg. Ons is amper aan die einde van ons reeks rate. Vandag kyk ons na vraatjies, spatare, sooibrand, gewig verloor, dorings en sproete. As jy aan al hierdie kwale gelyktydig ly, is dit dalk nou ‘n goeie tyd om ‘n fokken lyn te sny. Run, Forest! En moenie omyk nie!
As daar nou een kwaal is waarvoor daar duisende boererate moet wees, is dit seker vraatjies. Dit sal my nie verbaas as al Radio Pretoria se luisteraars steeds glo dat mens dit kry wanneer ‘n padda op jou kom nie. Huh? O, sorrie, as ‘n padda op jou pis bedoel ek. Hoekom Radio Pretoria luisteraars? Radio Pretoria is mos “with it” en “hip” en het baie “jong” luisteraars ook. Hulle is so fokken “cool” dat ek “qoutes” moet gebruik wanneer ek van hulle praat. Sorry, met “cool” bedoel ek verkrompe en met “jonk” bedoel ek borderline-aftree en love birds en budgies aanhou as soulmates. Anyway, kom ons pretend dis nog steeds 1875 en ‘n padda pis op jou by Bronkhorstspruit se dam:
Vratte – Sny ‘n ui/aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat. Gooi weg. Herhaal daagliks
Julle sien wat ek bedoel? ‘n Ui of ‘n aartappel. Dit maak nie saak watter veggie nie, want dis mos dieselfde fokken ding. Ek eet gereeld mashed uie en gravy. Vir soortgelyke resultate kan jy jou skoen ook in die helfte sny en oor die vrat vryf. Of jou piel. En dit oor jou hol vryf.
Vratte – plak “Ducktape” daarooor en laat vir 6 dae. Haal af en veil dan die vrat met ‘n growwe naelveil of voetveil. Herhaal die proses vir omtrent 2-3 weke en die vratte sal weg wees.
Hier gaan ons alweer met die “quotes”. Het hierdie rocket scientist besluit om “ducktape” in “quotes” te sit omdat ‘n Engelse woord is wat nie bestaan nie? Dit bring ‘n nuwe angle op “ruk die dam onder die eend se hol uit” met die klein verskil dat dit blyk dat die eend se hol self uitgeruk moet word om die sogenaamde tape te maak. Om op te som: plak ‘n eend se hol oor jou vrat vir 6 dae. Grind dan die vrat af met enige iets wat grof is. Soos Goldi locks. Herhaal vir 3 weke lank. Bloei dood. Jy en jou vraatjies.
Vratte – Maak die vrat stukkend, smeer van die bloed aan ‘n mieliepit en voer dit vir die hoenders, Die vrat sal verdwyn.
Ek like dit hoe daar sommer aangeneem word dat alle mense met vratte vanselfsprekend hoenders aanhou. In woonstelle, by die werk, by die kerk, by die skool. Mense wat hulle hoenders met leibande vat vir oggendstappies in die park. Hoenders fokken orals. Hoenders kan ook ingespan word om al jou skuldprobleme op te los. Is jou kredietkaart in die rooi omdat jy te veel Homemark kak gekoop het? Dalk te veel bal-en-kloustelle deur die Junkmail gekoop? Is jou DJ Ossewa collection groter as jou overdraft? Geen probleem, ou maat! Sny net jou kredietkaart op in dertig klein blokkies en voer dit vir die hoenders saam met ‘n piering swembadsuur. Hulle sal goue eiers lê. Verkoop dit aan die boere. Want, soos hoenders, is die boere ook fokken orals.
Spatare – 1 Bottel Martell brandewyn gemeng met 1 lb vars heuning. Neem en desertlepel oggend en saans, werk wondere.
Uhm ja. Hieso is iets wat wel werk: In die winter – dra langbroeke. Siedaar! Niemand sien jou spatare nie. In die somer: Dra somersklere. Skree: “Check my fokken nca spatare!”. Fokken deal daarmee. Wat die brannas aanbetref in die bogenoemde raat: Fuck me if I am wrong, maar is SA nie alreeds een van die grootste brannas suipende volke op aarde nie? Daarvolgens behoort niemand spatare te kry nie, omdat almal heeltyd so ge-spat raak. Martell moes seker ook hulle labels verander het. Ek onthou so paar jaar terug toe die labels nog getune het: “Inhoud raak ontslae van spatare, vriende en huwelike onetime, maar veroorsaak gereeld pregnancy en geheueverlies as nagevolge. Om as purgeermiddel aan te wend, gooi die brannas staight in jou poefgaatjie in met ‘n tregter en steek die fumes aan die brand met Lion vuurhoutjies.” O fok, sorry, ek dink nou aan die Witblits wat hulle in Leandra verkoop. As you were...
Sooibrand – Eet 4 tot 5 amandels per dag of suig een teelepel witsuiker
En hier is die goeie nuus ala Wikipedia: Newe-effekte as gevolg van ‘n oormatige inname van amandels (tussen 40 en 70 bitter amandels per persoon) sluit in: opwinding, hoofpyn, duiseligheid, spiersametrekkings, asemhalingsprobleme en selfs ‘n skielike dood. Maar moenie worry nie, want ‘n skielike dood beteken ook dat jou sooibrand skielik ophou. Wat werk wel vir sooibrand? Seriously? Drink 2 shots skoon cane. Dit fokken brand enige ander keelkwaal ook weg. Regdeur tot by jou poefenjors.
Gewig verloor – Trek wilgerboomtoppe se blare soos tee, drink ‘n koppievol drie keer per dag.
Jy kan net sowel jou eie draad trek op Golden Girls posters – ten minste bou jy spiere ook terwyl jy vet brand. Seriously nou, wie die fok dink hierdie kak uit? Wil jy seriously gewig verloor, want die basics van gewig verloor is om bloot minder te vreet. Is jy reg vir my raad? Moenie sê jy is reg en dan is jy nie reg nie. Onthou, jy gaan jou eetlus verloor. OK, hier is wat jy doen: Google Goatse of Two Girls One Cup. Jy sal nooit weer eet nie. En jy het ook nie hierso daarvan gehoor nie. – kots –
Doring – As ‘n doring in jou voet steek en dit breek af, krap ‘n bietjie geel was uit jou oor en sit op die doring, Draai toe met ‘n lap en die volgende dag sal die was die doring uitgetrek het.
Raaaaait. Vir die van julle wat hierdie enetjie wil probeer: Loop gerus met die volgende Oppikoppi kaalvoet rond sodat daai lang wit dorings in jou pote pote indruk. Hardloop sommer ook met die dorings in die vlees rond soos ‘n dronk besetene om seker te maak die dorings breek af. Krap al daai kak uit jou ore en smeer dit oor die doring. Draai jou voet toe met jou Mythbusters t-shirt. Wag tot die volgende Oppikoppi. Huh? Wat? Daar het fokol gebeur? Het die doring nie uitgetrek nie? OK, sorry, probeer hierdie een: Soek iemand wat soos ‘n poes lyk. Vra of jy sy De La Rey CD kan leen. Speel dit poeshard in jou kar. Die doring trek uit. In fact, almal rondom jou trek uit.
Sproete – smeer bok- of donkiemelk aan
Die hele wêreld weet jy het agter die sifdeur op die plaas (daar by die baie hoenders en boere) gestaan toe jou pa en jou oom jou met beeskak gegooi het. I am afraid die skade is permanent. Sover dit die bokmelk of donkiemelk aangaan … Fine, probeer dit, maar ek los jou met hierdie paar laaste gedagtes. Speel Groep 2 se ‘Sproeitjies’ saggies in die agtergrond en sing die nuwe lyrics saam. Besluit dan of dit die moeite werd is om jou sproetjies te laat verdwyn: Daar’s n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai Waar die kinders na skool in die middae zol rook en kan naai En eandag sien ek ‘n marabsie eenkant alleen Met melkies wat rol uit ‘n skreeuende donkie speen… En ek tune : “Sproetjies, fokkit, daar is melk in jou gesig!” Wil jy graag ‘n groot geheim hoor? Wat jy daar vashou is nie ‘n speen.
En sy tune: “Wragtig? Dis nou, pragtig!” en sy druk saggies die speen en sê “Ek wens dit wil nou ophou fokken reen.”
Volgende keer tackle ons die laaste paar kwale. Gaan pak nou jou tasse vir Oppikoppi Smoorverlief.
Watkykjy staan op 3,083,882 post views in totaal sedert 1 November, 2019.