Arme bra Frans is fokken raadop oor sy Jack Russels wat alles opfok. Al raad wat ek vir hom het is om hierdie boek op te swot:
Hi,
Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde… Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om te doen nie want dis elke dag iets anders. En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as ‘n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met ‘n plaas wat 2 jack russels soek, laat weet my. Ek wil rerig nie die honde weg gee nie, maar ek raak nou moedeloos.
Die fotos aangehg is ‘n fokken R700 boks sak wat hulle gister bygekom het. Behalwe die boks sak, het hulle al die volgende goed ook al op gevreet”
- ‘n R450 Rugz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, hy het dit net net verby die 3 weke merk gemaak)
- 2 Kamp stoele. (Nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het).
- 20 m tuinslang is in 400 vyf cm stukkies gekou.
- Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op startrek, want daar is nou al 3 handoeke, 20 onderbroeke, kombuis vat doeke, en ‘n remote opgevreet.
- 2 Besems
- 1 Rubber hark.
- 3 Sakke charcoal (hulle skeer nie net die sak nie, hulle vreet actually die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pik swart honde kak optel) — En vir die wat wonder, ek bere die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die weber, balanseer op een of ander onverklaarlike manier homself, stamp die deksel af en trek die sak charcoal uit die weber en vreet dit op.
- Al die sifdraad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sif draad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.
- Klein boompie wat by my agter deur gestaan het. Hulle het actually ‘n hele fokken boom opgevreet!
- My potplant binne die huis is moer toe. Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp ‘n speaker draad en spring op al die beddens en banke.
- ‘n Grasperk — Hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit sê, want hulle soek definitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in ‘n skag in donner.
- 2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die feit was dat ek stukkies plastiek in hulle kak gesien het wat die selfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.
- Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en aan hom geruk asof hy ‘n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.
- Nou die aand het hulle klein bietjie alcohol in gekry (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alcohol is baie sleg vir honde en ek sal dit nie weer doen nie, maar ek was raad op en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie… Johnson het soos ‘n bok begin spring en heeltyd op sy kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later… wel, kom ons stel dit so, Molly is nie meer ‘n onskuldige klein hondjie nie.
- Die enigste goed wat nog splinter nuut en sonder enige skade is, is die chewing toys wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is ‘n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY geen fokken idée waarvan Jack Russel hou nie. Dalk kan die honde gedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek. Danie het juis gister gesê hy is oortuig daarvan dat satan homslef dalk in Johnson manifesteer…
Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4 maande, en apparently leef Jack russels nogals lank. Dis ‘n vonnis, ek sweer! EN, moenie terug mail en sê ek moet hulle bliksem nie, want ek doen. Ek het hom gister met ‘n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf en onder ‘n struik gaan weg kruip. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg.
So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee. Hulle is nog baie jonk, Molly is 6 maande en Johnson is 9 maande. Altwee is opreg en Johnson het papiere.
Thanx
Frans
Watkykjy staan op 3,073,816 post views in totaal sedert 1 November, 2019.