Net voor julle aansoeke om Bra Frans se Jack Struggletjies aan te neem ons hele mail server laat crash, Hier is sy kant van die storie.
Ai toggie, happy endings… dit het my amper by die gym laat aansluit, tot ek gelees het van die “anonymous poodle” – Thx Frans!
Die internet darem. Dat die mail nou op WatKykJy sy eie ou plekkie gekry het.
Ek moet sê, eks nogals impressed! Ek lees die site al vir jare en het nooit gedink my mail sal sommer so uit die bloute uit verskyn nie.
Ja, dis bra Frans hier, die arme fokker met die 2 demone in sy tuin! Maar net om bietjie perspektief te gee… Die honde is nou al amper 3 jaar oud. Geen idée waar die mail nou weer opgeduik het nie. Wat rerig snaaks is… Ek dink ek het dit net vir so 3 of 4 mense 3 jaar terug gestuur… Fokken tegnologie!
Bra Griffin,waar kom jy aan die “ou koei?” Verskoon tog maar asb my spelling, die ingelse wêreld waarin ons lewe donner maar mens se spel talente op en ek het nie ‘n Afrikaanse spell checker nie. (enige iemand?)
Kappelaan Ledigheid, thanks broer, jou raad is donners akuraat. Net jammer ek lees dit nou eers. Ek moes maar op die harde manier leer. Maar tog is ek bly! Jy weet, niks wat die moiete werd is in die lewe kom ooit maklik nie. Dis maar ons lot. Ek het net nou die dag weer daaraan gedink, jy weet, die lewe is darem maar donners unfair! Niks is maklik nie. Soos byvoorbeeld:
Hoekom maak bier vet? Ek sit nou die dag daar in die Keg en drink ‘n draft. Half soos ‘n siek joke, kyk hierdie Keg uit op ‘n Virgin Active. Soos ek die draft af wurg (almal moet saamstem, die eerste draft is darem maar kak sleg.) check ek al die flukse etters uit die gym stap en vir ‘n oomblik voel ek skuldig. Net vir ‘n oomlbik en toe dink ek… Fok dis unfair… Imagine alles was omgedraai… Imagine bier gee jou actually ‘n six pack (tel dit as ‘n pun?) Imagine jy raak fikser (nie drank fiks nie, nee Caster Semenya fiks) hoe meer jy drink.
Imagine net die volgende scenario…
Jou buddy wat jy lanklaas gesien het stap by jou huis in. Jy notice die bra is ‘n “bietjie meer” as laas. Jy dink by jouself, fok, die bliksem het vet geword. Jy tune hom sommer reguit, jirre, jyt so bietjie geswel, wats fout? Hy sak sy kop in skaamte. Jy voel sleg oor jou comment en try opmaak en hierdie is jou woorde:
“Toemaar vriend, ek verstaan, ek was ook al daar…, Kom ek maak jou ‘n deal…. Ek dink jy moet bietjie minder gym. Ek weet gym is lekker, maar daar is perke. Dude, try dalk net weg bly van die cardio af. Begin deur net in die gym se cafe te sit. Dit gaan moeilik wees, maar jy kan nie so aangaan nie. Ons vat dit een stap op ‘n slag… En later, dalk gym jy net op Saterdae aande. Ek sal jou help.
En as jy reg is, dan gaan ons bietjie pub toe. Ons begin lig. Die grootste fout wat mense maak is om sommer net in te spring en die harde houte te probeer vat. Nee! Mens begin lig. Dalk ‘n castle light of twee… Ons kyk maar hoe dit gaan. Die belangrike ding is, jy moet stop met hierdie ge-oefen. Jou vrou het net nou die dag gekla, sy kry jou nie op jou selfoon nie, die kinders huil, daar is nie brood nie. En waar was jy. JA! Jy het weer fokken 100m sprints gedoen! Nee dude, eks jou vriend. Daai kak stop nou! Ons gaan sommer nou pub toe!
Imagine die AA meetings: “Hello, my naam is Piet, ek was 3 maande laas op ‘n treadmill!”
Maar nou is dit ongelukkig nie so nie. Verflaks!
Wat het dit met my Jack Russles te doen. Tien teen een fokken niks nie. Ek like dit net om klomp kak te tik. Maar dit genoem, kom ons praat so bietjie oor my Jack Russels, Johnson en Molly. Ek het hulle toe nie weggegee nie. Baie bly daaroor. Hulle is actually baie cool. En deur die honde, dink ek, dalk, het ek die doel van my lewe ontdek. Ek dink, ek moet my kennis deel. Jy weet, om ander te help. Ander wat ook onverwags Jack Russels koop. Ek dink ek moet ‘n boek skryf… Jy sien, die goed wat ek geleer het die laaste paar jaar… Ai! Dit was moeilik! Maar nou, ek dink ek verstaan meer!… Hier is ‘n paar voorbeelde…
1.Jy is net nog lewedig omdat die Jack Russels dit so goed vind. Hulle is nie daar vir jou nie, NEE, JY is daar vir hulle.
2.Die general saying “ Dog – a man’s best friend!” tel vir fokken seker nie vir Jack Russels nie. Dis amper soos om te sê “Zimbabwe, the land of opportunity!”. So vergeet van daai een.
3.As jy gedink het ‘n Jack Russel slaap buite, maak jy ‘n moerse fout. Nee my vriend, hulle blaf buite, hulle slaap nie daar nie.
4.As jy gedink het Jack Russels slaap in die garage, maak jy nog ‘n groter fout. Nee my vriend, hulle baklei met alles in die garage – jumper cables ingesluit.
5. As jy gedink het Jack Russels slaap rustig in hulle mandjie in jou kamer, Nee my vriend, hulle slaap op die bed.
6.As jy gedink het ‘n dubbel bed is groot genoeg, Nee my vriend, kry ‘n fokken King size.
7.Jack Russles fokken haat ‘n stofsuier. Vra my bediende, sy weet. Ek het maar net die stories by haar gehoor, so ek kan nie sê dis waar nie. Maar, ek moet erken, ek was tot nou toe nog te fokken bang om self die ding aan te sit. Dalk hoor hulle dit. Fok, ek vat net nie daai kans nie, sorry! Laminated floors is die antwoord, hulle is minder kwaai oor besems.
8.Het jy al ooit gesien hoe hardloop iets op water (nee, hierdie is nie ‘n parody nie!) Baie maklik, hou ‘n braai. Kry iemand wat net gou kom hello sê, met ‘n poedel in die kar. Maak die voorstel : “Hey, my honde is baie civilized deesdae, bring in jou hond, eks seker hulle gaan net bietjie speel!” ……… YIP, goeie idée!
Dis moeilik vir my om alles presies te onthou. Dis waar wat hulle sê, sekere gedeeltes was in slow motion. En die details,… ek dink my brein blok dit nog uit. Dis net te vroeg om aan alles wat gebeur het dit te dink! Maar ek onthou wel die volgende… Daar was ‘n stadium wat ek besef het ek staan met die poedel in my hande, so hoog bokant my kop as moontelik. Ek onthou duidelik, ek het om gekyk in angs, want iets onverwags het gebeur. Ek het gedink, wat die fok gaan aan? Ek het rond gekyk vir antwoorde, maar al wat ek gekry het was die verskrikte gesigte van al die ander mense wat by my braai was. Iemand het geskreeu! Ek hoor dit nogsteeds! En toe, sien ek vir Johnson. Hy lyk soos ‘n fokken wolf. Sy hare staan meer regop as ‘n newbie raver sin. Hy hardloop volspoed, spring op teen my en gebruik my effense boep, ok .. my bierpens, as ‘n launching pad. Die volgende oomblikke is ‘n blurr, en toe… Daar staan ek met ‘n poedel in die lug en ‘n Jack Russel wat aan sy stert hang. Het jy al gesien hoe “ruk, ruk, ruk” ‘n hond aan iets?
Toe gooi ek hom maar in die swembad, en net daar besef ek, FOKKIT!, Jack Russles kan op water loop. Wie sou kon raai? Die res van die storie is in die verlede en ons praat nie meer daaroor nie.
Om ernstig te word vir ‘n oomblik. Nee, Jack Russels is eintlik rerig cool. Mens raak rerig baie lief vir hulle. En ek dink nie enige ander hond het soveel karakter nie!
MAAR, jy moet baie aandag gee, aanvaar maar die slegte met die goeie en dan besef jy, WOW, ek is fokken bly en het nie ‘n poedel gekoop nie! Want ‘n poedel is net plain boring en eintelik rerig fokken sad.
Cheers,
Frans
PS: Hoe kan ek ‘n foto post op hierdie thread? Ons het nou die dag per ongeluk ‘n foto van Johnson geneem toe hy dit nie verwag het nie, en soos daai super natural shit op DSTV het die foto ook iets gewys wat onverklaarbaar is… foto hier onder (niks photoshop nie, dis hoe die fokken foto uitgekom het— MSP — scary!!!)
Watkykjy staan op 3,124,261 post views in totaal sedert 1 November, 2019.