Die blond en die hond
Die blond en haar man lê in die bed en die bure se hond begin woes blaf en maak hulle die moer in. Naderhand staan die blond op uit die bed en gaan buitekant toe. Skielik hou die hond op met blaf. Sy kom terug en skaars terug in die bed begin die hond begin weer te blaf, maar sy lê rustig.
Haar man vra haar: “Wat het jy nou gaan doen?”
Die blond antwoord: “Ek het daai fokken hond aan ons kant van die draad gesit, nou sal ons sien hoe voel die burman as die hond heel aand vir hom blaf!”
Kak conversation
Ek het skaars op die kakhuis gaan sit in Menlyn toe ek die ou langs my hoor: “Hey, hoe lyk dit?”
Verward antwoord ek toe maar terug: “Uuhhm, ek is fine, net bietjie besig nou…”
Weer hoor ek die stem: “So wat maak jy?”
Nie dat dit enigsins iets van sy besigheid is nie, maar ek sit nou hier, so toe antwoord ek terug: “Seker maar dieselfde as jy. Shopping en so aan.”
Weer hoor ek langsaan: “Kan ek oorkom?”
Toe strip ek my moer: “Luister hieso, ek is besig om te kak. In ‘n publieke toilet. My fok man!”
Langsaan hoor ek ‘n half nervous stem: “Luister, ek bel jou terug. Hier is ‘n idiot in die toilet langsaan wat my heeltyd antwoord terwyl ek met jou praat.”
Speedstick
‘n Blond het Speedstick gekoop. Sy het dit nog nooit gebruik nie maar sy het die instruksies gevolg: ‘Remove top and slowly push up bottom’
Sy lê nou topless by die Sunninghill Hospitaal se ongevalle en haar poepe ruik blykbaar fokken awesome.
Watkykjy staan op 2,932,410 post views in totaal sedert 1 November, 2019.