Check, dis partykeer maar donners moeilik om ‘n laitie te wees, veral as die eiertjies eers gedrop het soos ‘n skewe Ruan Pienaar skop, die stem begin kraak soos ‘n Cope manifes en die puisies begin uiitpop soos Julius Malema ondersteuners buite die hof. Ek noem juis die laities, want dis hulle wat gewoonlik hier kom uithang om lelike woorde en stories uit te print om vir die manne te wys in die kamerverlate as hulle as gaan rook om sport periodes te bunk.
Dis nie die enigste rede nie. Daai tipe kak ontgroei mens soortvan. Iets wat jou alyd sal bybly (hopelik) is boners. As dit nie vir stywe piele was nie, het niemand van julle nou nie hier gesit en lees nie. Alhoewel boners meeste van die tyd piele is (for the lack of a better phrase) is dit ook nie altyd piele om met een rond te loop nie. Kyk ek stry nie dat dit waardig is vir ou Jakob regop om soos ‘n jumping castle sy vorm aan te neem terwyl jy die tjerrie by die Xerox kokkenodge nie, maar jy wil nou ook nie met jou kaaswors twaalfuur wys as jou baas jou op die skouer tik en vra of dit al lunch tyd is nie. So hopelik sal meeste van julle met my saamstem dat jou snotsambok onder sommige (publieke) omstandighede onder bedaring gebring moet word. Jy kry ook natuurlik die ouens wat nie saamstem nie. Dis maklik om hulle uit te ken. Dis die ou met die hoog stemmetjie en die puisiegevreet wie se sweetpakbroek soos ‘n tent Northam se kant toe point. Even in die winter. Ja, daai creepy ou wat heeltyd vir jou die LOL-cats en Powerpoint tos e-mail.
Hoe dit ookal sy, ek het so paar pointers vir die laities (twaalf tot sestig jaar oud) bymekaar geskraap sodat jy ‘n geringe kans loop om ‘n gedeelte van jou trots oor te hou wanneer jou paling wil pronk.
Die eerste kodewoord is tight. Tight onnebroek, tight jeans. Whatever tight kledingstuk jy aantrek op jou onderlyf. En nee, met tight jeans praat ons nie van Fokofpolisiejeanpant nie. Die band kan dit dra, want hulle aandag word deur die crowd afgetrek en vice versa. Jy aan die anderkant mag nie ‘n jeanpant dra wat so tight is dat jou voorkant soos ‘n koedoetoon lyk nie. Jy het nie eers ‘n kitaar nie, jou naai. Jou klere moet net tight genoeg wees om die horing weg te steek. Ons gaan nie hier vir die leather-worshond-wat-die-agterdeur-oophou effek nie. Jy kan jou zaber ook teen jou maak vasplak met een of ander tape as jy braaf genoeg is. As jy duct tape gebruik vir so iets is dit onwaarskynlik dat jy kan lees.
Cover it up, Kallie. Enige iets wat jy voor jou voortplantingsplant kan hou – ‘n folder, jou laptop sak, Die Son, Die Huisgenoot. Jy kan ook die Hustler gebruik as jy iemand anders voor jou wil ambush om aandag af te lei. In die werksomgewing – maybe ietwat van ‘n kak idee. En moet dit nie fokken obvious maak nie my bra. Maak asof jy iets in jou backpack soek. Of kruis jou arms en laat die koerant casually hang voor jou broek terwyl jy chat. As jy regtig moet – en van die grootbek brag tipe is – hang die sak sommer so oor jou kapstok to deafeat the purpose. Maar passop: Mense wat reken dat hulle enorme piele het, het gewoonlik groter monde en daai enorme piele pas tien teen een in daai groot monde. Op Vrydae. Net voor die groot World Of Warcraft raid. Nadat mamma vir jou visvingers en Cream Soda gegee het. Die wereld is jou oester.
Jy kan ook die V-Town homeboy illusion probeer en groterige loshangende klere dra alhoewel ek dink dat dit laas in die vroeg 90’s in die mode was. Miskien is jy in luck. Met Michael Jackson se dood kom die hele fokken era se mode dalk terug, baggy trousers included. Moet net nie gevang word met een wit handskoen , Bronx koene met wit sokkies en ‘n boner nie ou pellie. Veral nie een van daai smallhead rushes wat na die kant toe hel nie. Onsmaaklik. Gril.
So gepraat van die skuins boners. Jy kan altyd jou totterman na die kant toe tuck of boontoe vaskeer tussen jou bierpens en jou broek se rek. Moet net om godsnaam nie lat hy bo-oor die rek pop nie. Dit sal lyk soos daai vet Piet ou van Potch wat oor die barrier gespring het om die rugby ref te poes. Netnou skrik iemand en slat vir ou Piet.
Speel pinball. Nee ek joke. Pinball is wanneer jy dit juis kan eger maak. Druk jou hand in jou broeksak en bring daai outjie onder beheersing. En moenie rondfok nie. Dis soos wanneer tannies met hulle poedels gaan stap. As daai wollie mors, moet daar skoongemaak word.
Dis alles net ‘n mind-fuck sal die slim mense (soos Dr Ruth byvoorbeeld) vir jou vertel. Jy kan jou gedagtes beheer. Die Amerikaners reken mens moet aan sport dink. OK. Uhm nee. Mense, dit werk nie so in SA nie. Ek weet nie of julle al agtergekom het nie, maar Suid-Afrikaners raak heltemal fokken jags as dit by sport kom. Het jy al gesien hoe lyk Loftus partykeer? Nee wat, jirre. Sport help nie. Vat die Joost ding byvoorbeeld. Almal gaan so tekere oor die Van Emmenis chick en watse hoer sy is terwyl meeste van die ouens heimlik sy wil wees in daai video. En nie vir die draks nie. Nee wat, om aan sport te dink gaan nie help nie. Dink eerder aan… hmmm. Dink aan… Dr Ruth. Ja, dink aan hoe jy Dr Ruth pomp van agter af terwyl sy erdwurms vreet. As dit jou ‘n boner gee, hou asseblief op om hier te lees en gaan meld jouself aan by die naaste Polisiekantoor.
Gebruik jou omgewing. Dudes, ek hoef hierdie nie te verduidelik nie. As daar ‘n bankie is, sit en kruis jou bene. In die publiek? Hurk en maak of jou veters los is. Op die strand? Grawe ‘n sloot en begrawe die fokken ding! By Oppikoppi? Sit in ‘n camping chair of bliksem neer tussen die dorings. Daai angle van die stoel werk saam met jou. Kruip agter ‘n boom weg. Fake ‘n fokken hartaanval. Ek moes dit maybe gedoen het toe my eerste goose op skool se ma my straight getune hiet: “As jou piel jeuk, gaan skuur hom teen ‘n boom, nie teen my dogter nie.”
Sommer so los gedagtetjie tussenin: As jou ‘n chick op jou skoot sit en jy jou boner probeer wegsteek, is dit dalk tyd om eerder ‘n boyfriend te soek.
Die heel laaste opsie vir ‘n ongenooide piksteel is natuurlik om ‘n still, afgelee plekkie te vind, hand aan eie lyf te slaan en maar ‘n ou bottertjie uit te gaan uitrol. Kaptein, span die seile! Jy behoort vir ‘n ruk lank safe te wees. Safe as houses.
Houses full of naked oiled up, jags chicks.
PS: Voor ek vergeet. Die Antwoord speel ‘n heavy kief jol by Libertas in Skelmtos die 25ste Julie. Gaan fok uit saam met hulle.
Watkykjy staan op 3,110,913 post views in totaal sedert 1 November, 2019.