Oraait, kykie:
Jy kan dit miskien nie mooi op die prentjie sien nie, so kom ons tune jou die colours.
Blou – Is orals in op die aarbol waar daar confirmed gevalle vir varkgriep is.
Maroen /kakkerige rooi kleurblind kleur – Is waar mense dood is aan varkgriep.
Geel – Is die lande wat almal pre-cautions gevat het vir varkgriep. Australia se stats is bietjie agter die tyd, want mense steek klaar lepels in dakke weg en skop emmers faktap.
Checkabiekie hoe gelukkig ons in SA is. Ons het fokol swine-flu en ook sommer fokol worries oor swine-flu. Ons het nie precautions nodig nie, net ‘n resep vir ‘n disaster. Check vir buurman Suid-Amerika daaso aan die linkerkant. Ook fokol worries of varkgriep. Jirre dis romatnies. Kom ons naai hulle.
Moenie worry nie, Suid-Amerika ons sort julle uit, one-time. Hoe doen ons dit? Hmmm, laat ons bietjie dink… Julle smaak sokker stukkend, right? Piele. Check, ons gooi volgende jaar ‘n vet sokker party en die hele aarde is welkom. Al julle geel, maroen en blou dele. Veral daar in Europa met julle Manchster en Liverpool en Eurostar leagues of whatever die fok dit is. Ons like kleur fokken kwaai. Kom speel almal sokker by ons huis met al julle kleure, dan maak ons moerse rainbow colours hieso. Ons mix alles op. Lekker international Rainbow Nation of swine-flu. Dan stuur ons Suid-Amerika se sokkerfokkers terug laat hulle ook bietjie kan Velvaglo en bos gaan met die kleur daso. Moenie worry nie, die Gautrein sal ook reg wees en daai outjie gaan tight wees op rails. En airtight.
Dis presies ‘n jaar voor die world cup begin. Kom ons check oor 399 dae hoe daai map dan lyk.
Tick… tick… tick… Hou die counter dop op die regterkant.
Tick… tick… tic …
SA sal aan ‘n plan dink …
Tick.. tick… tick…
‘n Dag voor die World Cup…
Tick… tick… tick …
Watkykjy staan op 3,073,838 post views in totaal sedert 1 November, 2019.