Hier is vir julle ongelukkig nog ‘n boereraat insetsel. Nou kan die mense wat so hard aan kultuur vasklou hulle bietjie vergryp aan iets uit die not so distant verlede. Onthou ouens, moet hierdie raad nie erstig opvat nie. Dis tien teen een ge-formulate terwyl ‘n mampoer gestook is en daar om bome gedans is nadat boekevat se kontent te ernstig en letterlik opgeneem is.
As jy wel reeds gebruik maak van hierdie rate hoop ons dat die bussiejou so vinnig as moontlik sal opspoor. As hulle jou vra om die pilletjies te sluk, doen dit asseblief dadelik. Dis vir jou eie beswil. Ons is net bly dat jy wel kan asemhaal en veral kan lees. Dit kan nie te maklik wees nie.
Daar is nog twee sarsies boererate uitstaande na hierdie week. Ons is vreeslik jammer. Snik.
Hik
Neem ‘n glas warm water, druk jou vingers in jou ore en maak jou oë toe. Drink die water terwyl hy/sy aftel van 15, en siedaar, die hik is weg!
Onthou net om die glas water op jou enorme piel of 48dd tiete te balance, want check, jou vingers is in jou fokken ore, jou fool! As jy familie is van David Blaine, not to worry.
Badolie
1 Koppie amandel olie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning, ½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in n mengbak en sit dit dan in n bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik.
Skud actually eers jou kop van links na regs voor gebruik. Hierdie badolie is ook moerse versatile, want dit bevat tipies al die bestanddele in ander boererate waarmee jy ‘n slymerige hoes, spatare, klem-in-die-kaak, spuitkak en satanisme mee kan beveg. Maak alles sommer in bulk aan in jou venter trailer of daai lee swembad met die krake wat jy kamtig gaan opfix. Dit gaan ‘n fokken lang jaar wees...
Bednatmaak
Vang ‘n streepmuis, slag af en braai hom, gee vir die kind om te eet, moenie vir hom se dis ‘n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie.
Ja, moenie vir hom sê dis ‘n streepmuis nie, want dan sal hy in die bed begin kak, of dalk iemand op Mxit ontmoet en wegloop van die huis af. Jy wil ook nie die raat probeer vir bedbekakking nie, want jy gaan iets groter nodig hê as ‘n sreepmuis – ‘n muishond met ‘n kurkprop in sy hol? Yup, dit sal die trick doen. Kry een.
Bors wat toetrek
Smeer ongebleikte linne met bokvet, strooi skoorsteenroet daaroor en plaas op die bors.
Jy kan ook probeer om in jou hande te kak en buite op die muur te smeer “My bors trek toe”. Hulle sal jou kom haal en na ‘n mental institution toe vat. Hulle sal darem eers na jou bors kyk voor hulle vir jou Crayola’s gee. Bokvet en skoorsteenroet is in elk geval wapens van Satanisme. Veral as dit saam met linne gebruik word. En veral as jy iets prewel terwyl jy besig is.
Vir mammas wat borsvoed
As jou borste geswel is van die melk en pynlik is, pak koue koolblare oor jou borste, binne jou bra en slaap daarmee.
Turksvyblare in jou panty sal ook werk want die blaartjies met die stekeltjies wat jou matrasbaber steek sal die aandag van jou seer kanne aftrek. Werk ook baie goed vir pappas wat hulle simpel hou en probeer borsvoed.
Niere
Koop 3 bottels Harlemensies. Die eerste bottel word drie keer per dag gebruik…
10 druppels op ‘n bietjie melk…moenie roer nie…drink net so.
Die ander twee bottels word net soggens op jou nugtermaag gedrink soos hierbo.
Eet maar stukkie pietersielie om die smaak weg te vat en asem te verfris.
Ek dink nie ek kop hierdie een so mooi nie. ‘n Boereraat vir niere? So as ek reg verstaan is die probleem niere? Like, een te veel nier in jou lyf? Ooohkhei… neem ‘n stomp kombuismuis en vevrwyder die nier wat jou so pla. Eet ‘n stukkie pietersielie. Trek draad. There you go. Gerbruik die Herlemensies om mee te skeer of gaan ruil dit vir skraamsies by jou naaste riplakoot handelaar.
(jammer ek weet nie wat harlemensies is nie, toe maak ek maar “skraamsies” en “riplakoot handelaar” op om slim te klink. Dis mooi, ne? Riplakoot… Se dit hardop)
Snork
‘n Paar druppels olyfolie in elke neusgat.
Maak net seker jy is wakker terwyl jy snork sodat jy ten minste weet dat jy snork en die druppels in elke neusgate kan gooi. Ander wenke wat ook werk – druk actual olywe in die neusgat, of as die persoon by die ander end uit snork, ‘n olyf of twee in daardie gat, om die gat te stop, jy sien. Staan net terug vir backfires en wit vlamme.
Snyplek
ontsmet – Sit ‘n pruimpie op
Ry ook altyd met ‘n streepsak vol pruime rond. Jy weet nooit wanneer jy dalk op ‘n kettingbotsing op die N1 afkom en moet noodhulp toepas nie. Ontsmet en sit pruimpies op. Pruimpies vir almal! Yay! As jy ‘n meise is wat nie seker is oor jou seksualiteit nie, moenie dadelik ‘n pruimpie op jou snytjie sit nie. Laat ‘n ander meisie eers vir jou ontsmet.
Hondbyt
Pluk van die hond se hare uit en verbind op bytplek.
Jy kan natuurlik dieselfde tiep van ding doen in die wildtuin as ‘n seekoei jou stormloop, vertrap en six love opfok. Pluk die seekoei se hare uit en verbind op die plekkie waar die seekoei vir jou ‘n eina gegee het. Vra vir mamma om die eina te soen. (Behalwe as die eina op jou piep is. Vra dan iemand wat verkieslik nie familie is nie om dan te soen.)
Krampe in die bene
Staan op ‘n koue vloer
Maar onthou om lank genoeg op die koue vloer in die winter te staan totdat jy griep of verkoue kry in welke geval daar ‘n klomp ander kak boeretare is om die siekte te cure. Daar is ook, contrary to popular belief, wel pille vir domgeit en deur-die-kak-geit.
Eet ‘n boks Smarties. Sommer die value pack, hoor. Moenie die bloues eet nie. Dit maak jou poesdom.
O ja, en vir gatkrampe – moet liefs nie op die koue vloer sit nie, want die boererate vir aambeie klink maar bra kakkerig.
Aambeie
Vars botter en die geel van die eir deurmekaar gebraai in ‘n pan en deur ‘n doek gedruk.
Wat ook piele werk is om jouself deurmekaar te maak en dan die bestanddele te braai. ‘n M
aklike manier om jou self deurmekaar te maak is om al Suid-Afrika se nuwe plekname te probeer memoriseer. Druk daarna al die gebraaide bestanddele deur ‘n doek – ons is nie seker of die doek reeds gebruik moet wees en of hulle hier van volwasse doeke of baba doeke praat nie. Ook nie of dit gewone botter of manbotter moet wees nie. Anyhoo, die vermoede bestaan dat die eindproduk aan jou poefgaatjie aangewend moet word. RRRRrrrrt!
Luise
Vryf mayonnaise in die hare en bedek vir 2 uur met stortkappie.
Want as daar nou een ding is wat die luise en die armgatte op wie se kopp hulle teel nie het nie, is dit kultuur. Die mayonaise is daar om die basis van die kuluur te vorm. As dit jou kinders is wat luise het, sit die mayonaise en stortkappie op net voor jy die kind by die skool aflaai.
‘n Gespottery by die skool is ‘n instant cure en aansporing om meer higiënies te lewe en om maatjies te maak met skoner kinders by die skool. Jy sal ook namate minder kaalvoet kindertjies met oliehare en omlope in jou eie huis sien uithang, tensy die kinders klaar jou troeteldiere luise en omlope gegee het, in which case you are fucked, omrede die wrede sirkel nou kompleet is.
SIT JOU TOEBA EN JOU KOFFIE NEER VOORDAT JY VERDER LEES…
Lintwurms
Eet vir ‘n dag niks om die wurms uit te honger, plaas dan op nugter maag ‘n stukkie brood op die tong om hule ne bo te lok, neem dan ‘n sopie brandewyn om hulle dronk te maak en dan pergasie om hulle uit te werk
Uhhhhmmm, dit lyk my ek is voorgespring en ge-sideline hierso. Dit klink na ‘n totally legit oplossing. Fok gerus voort. Kan ek dalk net een voorstel maak? Smeer Marmite op die broodjie. Lintwurms smaak Marmite fokken stukkend. Marmite, né? Nie Beefy Bovril nie. Marmite.
Watkykjy staan op 3,091,359 post views in totaal sedert 1 November, 2019.