Vrydag, K-pax, gestort en gesaal rendezvous ons by my flat. ‘n Laat maand budget kuier is wat vir ons voor le…
Gewapen met halwe beursie zak, ‘n vol pak sigarette, clorette’s en twee complimentary kaartjies vir die Snotkop show by The Place in Kempton Park laat vaar ons in die aand in asof ons ‘n soeklig met ‘n vlermuis in die wolke gesien het… soos wat ons in draai kom die gedagte “Dit lyk belowend…” na voor met ‘n trop karre in die parkeer area. Ons klim uit en stap na die deur met die selfde vrees en opwinding wat ‘n gladiator moes gevoel het toe hy die coliseum moontlik vir sy laaste keer betree. By die deur word ons gestop deur ‘n man van Nigeriese oorsprong wat se voorvaders moontlik bus wassers of tronk sleutels was, want hy is ‘n volle kop langer as my onmerkwaardige 1.8m… hy rig my aandag na ‘n vrou wat duidelik al ‘n paar kilometers op het wat agter ‘n ou hout tafel sit met ‘n tafeldoek so gebruik dit moes ‘n prys uit ‘n trousseau kus gewees het… “Pay dahre…” kom die woorde van die 3 meter man in die pikkewyn pak. Ek pluk parmantig my twee comps uit en gee dit vir die vrou. Ek draai toe dat hulle my deursoek en sien dat sy my vriend vra vir geld… ek raak toe dadelik opdrukkerig en verduidelik dat ek vir haar twee comps gegee het, maar daar le net een op die tafel… “sy het die fkn ding ge-David Blaine… bliksem…” my vriend betaal toe maar die R30 ‘kom wees zef fooi’ en ons is in!
Soos ‘n grot-spelunker neem ons onseker tree en ons sintuie is op over-drive soos ons stadig maar seker aanpas by die nuwe omgewing… ons skuif na die dansvloer se bar en bestel vir ons… Vodka en Lemon Twist is op special… bargain… “gee die katte melk!…” dink ek, Steven settle vir die tried and tested dubbel brandy en coke. Ons sit toe eers daar en verken die omgewing, binne 10 minute was dit duidelik en jy kan nie help om te besef dat jonk, oud, smart of zef… almal is tuis by The Place. Daar was so paar verlore sielle gesaai om die plek en ek het vir ‘n oomblik gedink dat almal met hulle eie kar gekom het tot ek die “check… check…” gehoor het oor ‘n paar speakers wat so hard was dat dit van Boksburg af ingevoer moes gewees het… “O ja… snotkop sing hier vannaand en almal is seker buite by die stage… EN!… daar is seker nou niks meer seats oor nie…” val dit my by. Soos Sam en Mr. Frodo maak ons weer ons pad deur die plek na buite. Kyk… ‘n sink afdak met ‘n twee baksteen hoog loopvlak is nie die habitat van enige suksesvolle band nie… maar die ligte en die klank dink ek was op standaard. “BEKENDE GESIGTE!… Iemand anders het ook die duik gevat! Haha” Ons groet en skuif gou stoele nader voor ons na die buitenste bar toe gaan vir die laaste keer.
Die Snotkop band sak toe op die stage af en met ‘n “Hello mense!”… en 20 matriek girls wat stage toe hardloop is die show aan die gang. Dit het so twee onbekende liedjies en twee kak stories van die songs se inspirasie geneem om ‘n patroon agter te kom: “Hy skryf klomp kak dan dink hy ‘n kak storie uit om die kak song te justify…” dink ek. Ek moet se ek was redelik verras met die vertoning en die skare was baie betrokke en het lekker saam gesing tot op die punt, maar met ‘n belofte van ‘free Snotkop paraphernalia’ het die crowd begin draai soos honger zombies wat nou net ‘n rooi-kop girl met ‘n gun gesien het… Die songs bly kom en die cd’s en t-hemde word al hoe minder wat uitgedeel word… toe kom ons op die ‘point of no return’… een CD oor… EEN! Soos hy dit voor die mense swaai en in sy gatsak druk om aandag op hom te hou… gebeur die onskuldigste ding… ‘n jong meisie van so 10 jaar oud klim die twee trappies tot op die heilige grond wat die Snotkop stage is om moontlik haar tone en enkels te spaar van die groter meisies wat om en op haar stuiptrekings kry op ritme van die musiek, bonop kon sy nou beter sien…. Dit was die laaste klip wat na daai gorilla van ‘n skare gegooi is en van daar af was alles ‘fair game’… Ek neem nou maar aan dit was haar ouer sussie en ‘n vriendin wat besluit het om ook nou maar die trappe na Snotkop hemel te klim en soos ‘n dam wal wat bars vloei die golf van enthusiasm en die stage word deel van die dansbaan… Arme Snotkop en sy Band is nou vas gekeer in die agterste hoek van die sinkdak graf… Hy sing toe sy laaste liedjie en gooi die CD om die trop aasvoels van hom af te kry maar dit help nie… ‘n horisontaal gestremde tannie het hom by sy broekriem en dinge raak gevaarlik… Hy ‘signal’ die special effects ou toe en ‘n rook wolk bedek die stage… en hy was weg… ‘n classic ninja-bom wat perfek deur Snotkop uitgevoer is… Ek dink hy moet die woorde van sy hit song “Jy doen dinge aan my” verander na die volgende: “… ‘n snaakse ding het gebeur… toe sy my weer mollesteer… toe ek jou en daai tannie sien op die stage by the place se ek hey tannie, BACK OFF!! Kom, jy pla vir my… maar sy kyk en sy se DIE FOK IS GAY! Kom Vrydag aand, voel voel, hey hey… daars ‘n tannie op die stage en sy rape vir my!”… maar dis net seker ek wat so dink…

Watkykjy staan op 3,123,954 post views in totaal sedert 1 November, 2019.