Ai ons arme nasie is deur die kak. Nee nie al die mal bulls ondersteuners nie, ook nie daai crazy ipl peeps nie en definitief nie ons politieke samestelling nie, eintlik is al hierdie groepe heeltemal uniek tot Suid Afrika. Ja daar is oor vleueling maar fok tog, daar is iets wat hulle almal eg Suid Afrikaans maak soos Ouma beskuit, taxi violence and mass action deur dokters en verpleegsters.
Die maplotters wat my bloed kokend maak is die volgende sotte XIT, hulle is so uniek soos verkoues in n kleuterskool, STD’s in die universiteit koshuise and die kragwoorde wat ek elke oggend uiter vir my taxi associates. Die plankkoppe het besluit om n heeltemalle unieke diens in Suid Afrika te verskaf, verkorting van web addresse, dankie tog ek het hulle gekry. Die 200 ander websites wat dit al bied vir 7 jaar in die VSA is te ver vir my internet. Dank gaan aan Blue Archer dat hulle hierdie leemte raakgesien het en nou vir ons agterlikke Afrika mense ook die geleentheid gee om web addresse te verkort. Ter voorbeeld tinyurl, is sedert 2002 reeds aan die werk maar ongelukkig kon niemand in Suid Afrika by hulle uit kom nie want hulle was anderkant die interwebs.
Hoekom is daar sulke slapgatte om slegs idees te steel! Steel geld, steel tyd of steel n hart maar idees, dis laag en gemeen ou!
Watkykjy staan op 3,213,028 post views in totaal sedert 1 November, 2019.





