Ons is bewus daarvan dat News24 se nuus klaar teen 9 uur die oggend ouer as poeier borsmelk is en dat hulle nie uitmaak van gereelde vars gebak nie. Vrydae is ook oor die algemeen gewoonlik fokken rof in terme van besig lyk of besig bly by die graft. Die tyd gaan gewoonlik stadiger verby as wat SA probeer om ‘n democracy te word en dis sielsdodend. Geen wonder baie mens ruk op pub toe net na lunch tyd en raak doosdronk teen 16:00 se kant nie. Ons weet ook dat daar van julle ongelukkige marabse is wat vir poes base of companies werk wat nie kan tjaila voor 5 bells nie en by die werk soos ‘n verlepte gulpvrug moet sit.
Die heelal se kleinste viooltjie speel vir jou, maar ons hier by Watkykjy kan darem probeer om so paar ektstra minute se genot in jou Vrydae te sit. Of at least ‘n extra paar minute te kill. Hey fok, as jy ‘n ekstra 1o minute kan score, why not? ‘n Score is ‘n score.
In ‘n Freek Robinson stem: Ons gaan daarom dus ‘n daadwerklike poging aanwend hier by Watkykjy.co.za se hoofkantoor in Watkijkistan om vervelige ure op Vrydae te minimaliseer en said vervelige ure square op die harige volksiebonnet te slaan met ‘n two-by-four deur meer kont-ent op Vrydae soos ‘n choc-99 roomys by onse boude uit te wurg. En met “ons” bedoel ons natuurlik “ander mense” omdat ons van nature verskriklik fokken lui is.
Voordat ek verder verstik aan al die kak wat ek praat, vergun my om Player Meyer aan julle voor te stel. Hy onderneem om tweeweekliks sy kroegtoere en vloermoere met alkohol verdunde bloed in sy pen vir ons neer te plot. Dit hang natuurlik van die Watkykertjies af of hulle laaik van wat Player Meyer te skrywe het. Julle besluit of hy moet aanbly of moet fokof.
Die K-Pax Kronikels deur Player Meyer word dus vandag vir die eerste keer hieso by Watkykjy uitgepomp. Lees dit gerus (net hieronder) en laat ons weet wat julle daarvan dink.
O ja, en geniet jou Vrydag. Watkykjy het dit nou juis 10 miute beter gemaak vir jou, jou naaier.
Watkykjy staan op 2,933,050 post views in totaal sedert 1 November, 2019.