… is obviously nie als nie.
- Het in Uno se Valiant gearriveer wat nogal flaai was.
- Daar was free pizza waarvan ek rerig te min van geëet het.
- Daar was free dop waarvan ek rerig minder moes gedrink het.
- Het lekker met watkykjy fan (en judge) gesels terwyl ek nog kon praat.
- Watkykjy het ‘best African language blog’ gewen (‘n grote om te onthou, baie trots hierop).
- Het ‘n hele klomp leë bierbottels op pad stage toe omgestamp.
- Het onthou om vir Vereeniging, Bles Bridges en griff dankie te sê.
- Is teruggeroep stage toe omdat ek my prys vergeet het. Nice.
- 2Oceansvibe het omtrent die res van die awards gewen. Lekke Seth!
- Na die awards in die bar vasgehaak en gereeld ons pryse verloor.
- Het die 24.com t-shirt in die bar aangepas.
- Het later die complimentary 24.com t-shirt weggegee (besluit dis te klein).
- Het actually oorweeg om na die tyd Jazz Fest toe te gaan en R200 te betaal vir aaklige musiek.
Sjoe! En dis about dit. Verder het ek Satrag oggend wakker geword met so geskeurde sakkie en helfte van dit wat ons gewen het. En met ons bedoel ek griff. Ek het net die glory gevat.
Soos altyd.
Hierdie post is 86 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,092,706 post views in totaal sedert 1 November, 2019.