Hoezit marabse,
Ons het sopas die twee nuutse tunes van Die Antwoord in onse posbussies gekry, so ons gooi hulle sommer onetime hieso. Twee fresh nuwe rape rave futuristic tunes genaamd Scopie asook I Don’t Need You.
Skud jou boude skud-skud jou boude! (right click en save as/save target as, vir die Corci’s)
Moenie vergeet van die res van die tunes in Die Antwoord se buitekamertjie hier by Watkykjy nie.
Onhou ook die moerse befokte gig hierie Vrydag, 1 Mei in Skelmbos by die Klein Libertas as jy in die area is. Die Antwoord en The Wedding DJ’s (WKJ se ander twee bra’s) gaan groot gaan. Die gig by Purple Turtle was blykbaar poeslekker gewees. Later hierie maand kom almal af om ons hier in Gauteng ook bietjie te laat holskud.
Watkykjy staan op 3,102,323 post views in totaal sedert 1 November, 2019.