Ek doen gewoonlik nie sulke kak nie, maar ‘n tjommie het my gevra om asseblief haar website hier te gooi. Hulle doen navorsing oor al julle marabse wat like van Afrikaanse soapies en allerhande sulke tiep van vibes.
As jy blangstel, gaan kap ‘n draai by Afrikaans Op TV, sign op en help die chicks met hulle huiswerk.
Hierdie webtuiste bied ’n forum vir mense wat belangstel in Afrikaanse televisie en televisie in Suid-Afrika. Hier kan jy lees oor gewilde Afrikaanse dramas en sepies op Suid-Afrikaanse televisie, jou opinie lug oor hierdie programme en deelneem aan prettige meningspeilings oor die impak van hierdie programmme op ons lewens en mense se persepsies oor Afrikaanssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika. As jy ’n sepie-aanhanger of ’n liefhebber van Afrikaanse dramas is, besorg is oor die kwaliteit en hoeveelheid Afrikaanse programme op die openbare uitsaaier of iemand is wat nuuskierig is oor hoe Suid-Afrikaanse televisie inmekaarsit, is hierdie webwerf vir jou.
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.