Vir die ouens wat nie weet nie, daar is ‘n baie beter manier om jou kief SA artists se musiek in die hande te kry. Jy hoef nou nie meer ‘n tos compilation te koop omdat jy net een song op ‘n CD like nie. Fair enough, ons bitch altyd oor kak Afrikaanse musiek hier op WKJ en skeer almal onder dieselfde kam, maar dis ‘n paar fair bands en dan is daar ook goeies hier en daar. ‘n Paar mense het my byoorbeeld gemail om te vra waar hulle van KOBUS se tunes in die hande kan kry. Jy kry dit by Rhythm records teen R7 ‘n song en jy kan kies wat jy wil download. Die download spoed is lekker en as jy vir een of ander rede jou song wegpoes kan jy hom altyd net weer download. Jy het mos daarvoor betaal of hoe?
Hulle het meer as 15000 SA bands se mp3’s beskikbaar en dit groei weekliks.
Van die stuff wat jy daar in die hande kan kry is onder andere:
Kobus, Chris Chameleon, aKing, Zebra & Giraffe, Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Karen Zoid, Straatligkinders, Van Coke Cartel, Foto na Dans, Anton Goosen, Valiant Swart, Koos Kombuis ensovoorts ensovoorts.
Daar is baie meer, maar ek noem net die bands waarna ek kan luister sonder om in my mond op te gooi.
Gaan check uit. Dit werk kief. Daar is ‘n advertensie bannertjie vir hulle aan die regterkant.
PS: Onthou ook dat WKJ nou Die Antwoord se record label is. Hulle musiek is verniet, Vir altyd en ewig oo Watkykjy. Amen.
Watkykjy staan op 3,110,916 post views in totaal sedert 1 November, 2019.