Op hulle website reken die Earth Hour mense what-what en kak oor wat mens kan doen. My twee sente volg na elke punt.
1. Attend a local Earth Hour event or organise your own by throwing an Earth Hour street party with your neighbours
(mense in SA ken nie hulle bure nie want almal is te bang en kak sleg om kennis en vrede te maak)
2. Gather family & friends for a night picnic in your local park and look at the stars
(Park? Donker? Waterkloof 4? Was hulle al in SA?)
3. Enjoy a family dinner by candlelight
(Hierdie kan ons actually doen. Ons ken hierdie een goed. Ons doen dit dan elke winter wanneer Eskom vir ons lieg oor hulle beplanning, finansies en incompetence.)
4. Organise a treasure hunt in the dark
(Raak ‘n victim van ‘n treasure hunt in die donker. Goeie artikels om aan jou te dra is ‘n horlosie, klere, skoene en ‘n selfoon. Trek swart sakke aan as jy wil hê hulle moet jou uitlos.)
5. Take the dog for a night walk
(hierdie een kan werk, solank jou hond groot genoeg is en jy swart sakke dra)
6. Have a candle-lit bath
(hierdie enetjie gaan saam met die candle-lit dinner. Hulle het lekker uit idees gehardloop en toe vat hulle een idee en split dit op in twee)
7. Sit in the dark and share stories
(klink amper net so kak soos “Sit in die donker en kap draties en kyk of iemand jou uitvang”)
8. Organise a family night playing board games
(Dis ‘n piele idee, want as daar nou iets is wat goed vir jou ogies is, is dit om by kerslig te lees. Die krimpies was altyd positief oor lees by kerslig. Regtig ‘n befokte idee. Dis ook baie cool om kerswas oor jou nuwe Monopoly bord uit te kont of per ongeluk jou Gemeenskapskas kaartjies of jou fake zak per ongeluk aan die brand te steek. “Nice going. Ek haat julle almal!” *hardloop kamer toe en klap deur toe. Sit metal hard aan* – o wag, dis earth hour, geen elektrisiteit nie – huil jouself aan die slaap.
9. Share a romantic night in with your loved one
(Suid Afrikaners like in elk geval nie daarvan om met die ligte aan te naai nie. Daar is altyd ‘n rolletjie rugby-tv wat iewers uitloer of haelskade van al die Verimark crash-diets. Die average Suid-Afrikaner se idee van ‘n romantiese tyd is in elk geval ook iets in die lyn van Speedy Gonsales se sekslewe: Maak oop! Maak toe! Maak tee!
10. Upload your ‘on the night’ photos and videos to flickr and YouTube respectively, and then add them to the Earth Hour flickr group and the global YouTube Group.
(Ja piele, maar doen dit in Earth Hour, hoor, met eleltrisiteit en stuff, want almal wil mos eerste hulle fotos en videos en kak op die interwebs sit. Andersins, trek daai opwen internet onder die katel uit as jy nie elektisiteit wil gebruik nie.
Wat ek tien teen een gaan doen tydens Earth Hour of enige Saterdagaand for that matter. Enige van die volgende:
Die oond gebruik om kos te maak
In ‘n verhitte jakoetsie sit met bubbels en jets en shit wat orals water uitspuit
Xbox speel of op my computer rondfok
DSTV kyk
Braai en tunes poeshard deur ‘n hi-fi gooi
DVDS kyk
Na ‘n band gaan kyk met oordentlike musiek en sound wat deur amps speel wat elektrisiteit opslurp
Enige van die bogenoemde by een van my tjommies se huise
In ‘n Restaurant wat Earth Hour verontagsaam gaan sit saam met my goose en myself lekker dik vreet en mof suip
Naai met die lige aan (ek like om te kyk wat ek doen)
ensovoorts … ensovoorts …
Hoekom gaan ek dit doen? Omdat ek ‘n poes is?
Nee, omdat ek bloot met my normale lewe sal aangaan en tien teen een gaan vergeet of nie eers sal agterkom dat Earth Hour aan die gang is nie, al het honderde mense daaroor gepraat en geteef en ‘n big fokken deal daarvan gemaak.
En as ek wel betyds onthou dat Earth Hour aangebreek het, twyfel ek sterk of ek gaan sê “O gods! Dis Eearth Hour” waarna ek al die ligte en kak sal afsit en onder die tafel inkruip en wag tot die dreaded uur verby is.
Ek like my Saterdae te veel. Ons almal doen. Ons sit soos poese by die werk Maandae tot Vrydae. Ek gaan nie laat ‘n groep pretencious hippies ‘n uur uit my Saterdag steel nie. Ek like die feit dat dit 2009 is en nie 1920 nie. Ek like gemaksug en meeste kak wat met elektrisiteit werk. Maak soos die regering. Verkoop maar julle guilt trip aan die volgende onskuldige generasie. Blameer dit op my. Blame it on the Nesquick bunny, ek sê.
Ek het heeldag Earth Hour by my huis terwyl ek werk. Alle onnodige kak is afgeskakel. Maak Earth Hour op ‘n Maandag as ek by die werk is. Fok, maak dit twee ure lank, dan sal ek skynheilig saamspeel vir die cause. Dis in elk geval ‘n besige tyd vir industrieë en what have you.
O ja, en vir al die mense wat reken “dit begin by jou”. Hou op absolute kak praat. Dit begin begin by die groot ouens. Dis byvoorbeeld nie ‘n janitor by die lugawe se skuld dat die ex-CEO so groot skelm kont is nie. Die myne en groot frabrieke en die tipe kak wat besoedel en so baie krag gebruik moet maar terug drawing board toe gaan. Die ministers en besluitnemers ook.
Dit begin by die groot ouens. Doen julle fokken werk oordentlik. Los ons uit. Ons wil gelukkig wees en Nesquick drink. Julle poese.
Watkykjy staan op 3,055,960 post views in totaal sedert 1 November, 2019.