‘n Paar mense het my gevra om hierdie weer op te sit. Weet julle nie hoe fokken Google werk nie?
Dis nie piscool om hard te wees nie (uit ou WKJ#19)
Kan die gooses asseblief die vlogende lees, dit weer lees, in ag neem en verstaan en weer in ag neem. Hier is die groot rede hoekom ouens staan en pis en die seat nie oplig nie.
Dis wat gebeur as jou stukkie jou onder hande kry as dit kom by toiletgebruik: Jy word nie meer toegelaat om staande te pis nie. Jy moet sit. Dis al klaar erg genoeg om die kromrug ding te doen vir nommer twee. Maar dis mos ‘n klein prys om te betaal, want chicks moet mos 6 keer ‘n aand opstaan om te gaan pis enige tyd van elfuur die aand af.
Hieso kan die gabbas ook nie eers uithelp deur te aim as hulle hand aan eie slang slaan nie en dis nie lekker virrie cherries om van die seat af te gly omdat dit natgepis is nie of binne-in die fokken ding moet inval omdat jy vergeet het om die seat af te sit nie. Sy mag jou dalk net in jou slaap vermoor, en trust my daai tyd van die oggend sal jy nie doodgespyker word nie. Ons sit met ‘n moerse probleem. Julle girlies moet egter verstaan hoe sake eintlik werk. Omtrent elke fokken oggend van ons lewens word ons wakker met twee dinge: ‘n Pis so groot soos die Mac-Mac waterval en ‘n zaber wat so hard is dat jy drie games pool daarmee kan speel in ‘n ry. Ongelukkig vir ons op so ‘n tydstip is dit net donners onmoontlik om daai outjie te buig, come fokken hell or high water. As jy jou slang nie kan buig nie, kan jy obviously nie oordentlik mik nie en as jy nie kan mik nie pis jy oor alles. Jy pis teen die handdoek rail, jy pis teen die badkamerteëls. Jy pis ook teen daai fucked-up wollerige seat cover waarop julle chicks altyd aandring om oor die bliksemse deksel te trek. Daardie seat covers wat julle oortrek om julle asses warm te hou graft ook nie lekker nie, want die donnerse laat nie die deksel in posisie bly nie. Gevolglik moet ons die deksel ophou met die een hand en die stuk hout waarmee ons wil pis met die ander hand en dan nog probeer donners mik ook.
Vervolgens probeer jy nou om hierdie probleem op te los. Wat doen jy? Jy druk daai deksel so hard terug dat jou voorarms begin bewe en tot die wollerige kak oortreksel bietjie induik en in sy nuwe posisie bly. Jy begin pis. Wat gebeur? Die klein kak wollerige cover try om sy ou vorm terug te kry en klap jou tril met ‘n kakshot. Dis een manier om die outjie slap te kry, maar ek skiem nie dis die gewenste manier nie. Eina fok!
Try dit vir jou cherry verduidelik: “Kyk, die outjie wil nie fokken buig nie, en jy staan hier kaal langs my wat onder die omstandighede nie regtig my saak gaan verbeter nie.” Sy sal natuurlik met iets terugkap soos: “Maar liefie, doen wat ek doen en sit en pis. Dit maak alles net fokken makliker.”
Nou try maar om so te sit en pis met jou piksteel. Dit werk net fokken glad nie! In die eerste plek moet jy daai outjie probeer inwedge onder die toilet se seat. Voor jy weer sien pis jy oor die handdoeke en jy chick se vanity case wat aan die ander kant van die badkamer staan. Kom ons neem aan jy kry dit reg om die outjie onder die seat in te druk. Hande op as jy dink jy weet wat gebeur.Dis reg ja, jou pis skiet deur daai opening tussen toilet se base en die seat wat met daai fucked-up wollerige dingetjie oorgetrek is. En jy pis teen jou eie kuite vas. Waantoe gaan die pis? Dis reg, dit loop teen jou bene af en beland uiteindelik op die fucked-up wollerige dingetjie op die vloer wat match met die fucked-up wollerige cover waarvan julle chicks so baie hou. Die goed kom mos in fokken sets uit.
Die enigste effektiewe manier om hierdie pis gemors van storie te hanteer is ‘n bietjie dodgy: Dit werk basically soos skydiving na jy uitgespring het. Sprei uit oor die toilet met jou zaber oor die zone en arch jou rug. Pis voort soos ‘n World War II sub-machine gun. Miskien is jy gelukkig en skiet ‘n paar dooie bruin beertjies ook af. Kort voor lank sal jy begin agterkom dat jy al die pis in die bak kry op een slag. Jy sal spiere op snaakse plekke ontwikkel, so jy kan jou Wealth & Rolex gym kaart ook maar byvoorbaat wegmoer.
Julle chicks moet ons ouens ‘n break gee.
Dis moerse hard om hard te wees.
Watkykjy staan op 3,091,353 post views in totaal sedert 1 November, 2019.