Met hierdie mal fokken Ninja rap band wat die naweek van 11 April saam die super cool Wedding DJ’s Slaapstad se strate aan die brand gaan steek, het my erg jaloers! Sien, ek berig hier vanuit ‘n baie onstabiele Sudan. Hier waar daar nie eers ‘n Tops drankwinkel is nie, wat nog te se van ‘n bar of purple turtle!
M.a.w. ek is kak-loos verveeld. Niks anners om te doen as om die interweb te browse of Dstv te kyk nie.
En terwyl ek die interweb browse, hier waar tot die porn-sites deur die service providers’ en goverment geblok word, kom ek op die antwoord af wat my dag gemaak het!! Nie daai mal ninja rappers nie, maar die Antwoord wat so befok is, ek dra dit sommer ook aan Die Antwoord (die rappers) op.
Ek weet daar skuil ‘n wannabe ninja in elkeen van julle watkykertjies se onderbewustheid. Ek dare jou, sé ek is verkeerd want na elke Bruce lee fliek skiem jy: “Maandag join ek daai Martial arts gym plek af in die straat”. En kom Maandag middag, op pad terug van die werk af raak jy so lus vir daai brannas weg gesteek in die garage of Omo box, waarvan liefie nie weet nie dat jy bo-oor Bruce Lee sal ry om by die huis uit te kom sonder om eers 2 keer te dink.
Nou wel ek skiem, ek het Die Antwoord vir jou slapgatheid! Hieronder is ‘n Ninja oefen game vir jou Nokia of ander Symbian v60 3rd edition cell foon. Voor jy dink hierdie is net nog ‘n tos sms: 34598″ en betaal R50 vir ‘n kak game, kyk die video wat ek aanmekaar geslaan het. Spesiaal vir die van julle wat so bietjie sukkel met die lettertjies bymekaar pak.
Sien, jy hoef soos in glad nie knoppies te druk nie! Die game gebruik jou foon se kamera as ‘n motion detector wat jou toe laat om hectic ninja sterre te gooi en die evil ninja’s wat jou aanval one-skat uit te haal! So right-click en “save as” die game installation file hier onder dan kan jy dit kan install van jou PC na jou foon. As jy nie weet hoe nie, kom fokken by en lees jou foon se manual. Moenie ons pla met techie questions nie, ons gaan jou nie help nie! Loop pla die IT-perd op kantoor.
Naai man – Moenie baklei nie!
Watkykjy staan op 3,089,800 post views in totaal sedert 1 November, 2019.