Ek soek nie julle fokken verniet boekie waarin mense badkamerkak, skuifdeure, Trellidor en die jirre weet wat nog alles adverteer nie. Ek het nie gevra vir julle gemorspos kak wat elke nou en dan my paving ontsier nie. Gewoonlik tel ek julle rommel op na werk en poes dit straight in die asblik. Julle is kakker as spam. As ek enige iemand se diens soek, soek ek dit op die bliksemse internet.
Met een booklet kon ek nog deal, maar as julle slapgat dose employ wat julle nie screen nie sal jy sulke kak kry. Hulle het die hele bliksemse buurt se junkmail deur my hek ge-etter. Dis meer as 150 volkleur booklets wat ek mos optel en in die asblik gooi.
Julle het dubbel geld gemors: deur 150 volkleur booklets af te skryf en deur die konte wat die goed daar neergemoer het te betaal om die goed weg te moer. Baie slim. Ek is seker julle clients soos King Trellis op die voorblad is baie bly om te sien waarvoor hulle betaal. Wat ruk julle iemand vir so advertensie wat nerens uitkom nie? (moenie worry King Trellies, meer mense sien jou ad in elk geval hier raak, so julle skuld my nou geld. Sommer baie.)
Sal julle dit like as ek in ‘n papiersak kak, dit aan die brand steek en oor julle muur slinger soos Dawid van die Bybel elke week? Nie? Dis dan dieselfde: Dis kak. Jy kan dit nie gebruik nie. En jy het nie daarvoor gevra nie.
As dit weer gebeur kry julle ‘n vlammende kaksak.
Hou op daarmee.
Watkykjy staan op 3,125,770 post views in totaal sedert 1 November, 2019.